Meerssen (Limburgs: Meersje) is 'n dorp en munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg, wat grens aan die Belgiese provinsie Limburg (die Maas-rivier vorm o.a. hier die grens met hierdie Vlaamse provinsie). Die munisipale gebied het sowat 19 000 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 28 km². Die dorp Meerssen het sowat 6 000 inwoners (2005).
Meerssen staan bekend vir die Verdrag van Meerssen van 870, toe Midde-Fransië tussen Wes-Fransië en Oos-Fransië verdeel het.
Plekke Plekke in die munisipale gebied van Meerssen: Broekhoven, Brommelen, Bunde, Genzon, Geulle, Geulle aan de Maas, Humcoven, Hussenberg, Kasen, Meerssen (dorp), Moorveld, Oostbroek, Raar, Rothem, Schietecoven, Snijdersberg, Stommeveld, Ulestraten, Vliek, Voulwames, Waterval, Weert en Westbroek.
Eksterne skakels
Die amptelike webwerf van die munisipaliteit
Kategorie:Munisipaliteite in Limburg (Nederland) Kategorie:Nedersettings in Limburg (Nederland)