Beesel (Limburgs: Bezel) is 'n dorp en munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg, wat grens aan die Maas-rivier en die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale. Die munisipale gebied het sowat 14 000 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 29 km². Reuver is die administratiewe setel van die munisipaliteit.

Plekke Plekke in die munisipale gebied van Beesel: Beesel (dorp), Bussereind, Meuleberg Markt, Mortel, Offenbeek, Reuver, Rijkel en Witteberg.

Eksterne skakels

Die amptelike webwerf van die munisipaliteit

Kategorie:Munisipaliteite in Limburg (Nederland) Kategorie:Nedersettings in Limburg (Nederland)