Pongola is 'n klein dorpie op die N2 nasionale pad, net suid van Eswatini, in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.
Die dorp kry sy naam van die Pongolarivier, wat op sy beurt sy naam ontleen het aan die isiZulu-woord vir 'n vat of trog, wat verwys na die diep en soms lang poele wat in hierdie rivier voorkom.P.E. Raper - HSRC. Dictionary of Southern African Place Names"Umphongolo/Imiphongolo". isiZulu.net Zulu-English Dictionary. Geraadpleeg 22 Februarie 2025.
Geskiedenis Die dorpie het ontstaan as gevolg van die besproeiingsstelsel wat tydens die depressiejare begin is. 'n Keerwal van 6m is in 1934 sowat 27 km wes van Golela gebou. Die skema was eers nie suksesvol nie maar nadat die kanaalstelsel verbeter is het dinge verbeter. Baie suikerriet (5 000ha) word in die omgewing verbou.B.P.J. Erasmus. Op Pad in Suid-Afrika. 1995. Woschitz, Nicolene (1996), Die Pongola-Vallei. Juweel van Kwazulu-Natal. Pretoria, Suid-Afrika: Sigma Pers. pp. 83-85.
Demografie Volgens die 2011-sensus het die dorp 'n bevolking van 1 403 gehad, van wie 804 (57%) wit was. Afrikaans was die moedertaal van 779 (55,6%) inwoners.
Pongoliete Persone wat in Pongola gebly, of 'n verbindtenis met die dorp en streek het:
Generaal Jan Kemp (1872–1946), Suid-Afrikaanse Boere-offisier en kabinetsminister. Ten tyde van sy dood, was hy die eienaar van die plaas Nooitgedacht wat geleë was aan die suid-oewer van die Pongolarivier tussen Pongola en Magudu.Changuion, Louis (2014). Die familie Changuion van Suid-Afrika. Vanaf Frankryk deur Duitsland en Nederland tot Suid-Afrika, 1560's-1960's. Haenertsburg, Suid-Afrika: Pennefather Books. pp. 313 en 315. Johan Kriek (gebore 1958), voormalige Suid-Afrikaanse en later Amerikaanse tennisspeler. Lucas Sithole (1931–1994), Suid-Afrikaanse beeldhouer. Herman Venter (1952–2016), predikant van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. Nicolene Woschitz (gebore Smit), kortverhaal skrywer, onderwyseres aan die Laerskool Pongola, boervrou en skrywer van die boek oor die geskiedenis van die dorp en streek, Die Pongola-Vallei. Juweel van Kwazulu-Natal.Woschitz, Nicolene (1996), Die Pongola-Vallei. Juweel van Kwazulu-Natal. Pretoria, Suid-Afrika: Sigma Pers. Zwide kaLanga (c. 1758–1825), was die koning van die Ndwandwe (Nxumalo) nasie van ongeveer 1805 tot omstreeks 1820. Sy koninklike hoofstad was op Maguduberg geleë. Hy is suid van die huidige Pongola deur soldate van Shaka gedood op die berg wat nou sy naam dra, Zwide. Sy indoenas het hom begrawe teen die suidelike hange van Maguduberg, waar ook ander Ndwandweleiers begrawe is, in die bos wat deur die AmaNdwandwe as heilig beskou word.Woschitz, Nicolene (1996), Die Pongola-Vallei. Juweel van Kwazulu-Natal. Pretoria, Suid-Afrika: Sigma Pers. pp.12 en 21.
Sien ook Ndwandwe Pongola Kommando Pongolium Gereformeerde kerk Pongola Phongolo Natuurreservaat Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal