Die Vetrivier (Engels: Vet River) is 'n sytak van die Vaalrivier. Dit ontspring tussen Marquard en Clocolan in die Oos-Vrystaat, Suid-Afrika. Die Erfenisdam is in die Vetrivier gebou. Die Vetrivier verskaf water aan Theunissen en vloei verby Hoopstad voor dit in die Bloemhofdam uitmond.

Sytakke Die Sandrivier sluit by Tierfontein by die Vetrivier aan. Die Taaibosspruit sluit net onderkant die Erfenisdam by die Vetrivier aan.

Kategorie:Riviere in Vrystaat