Buffelsbaai is 'n strand en oord by Walkerpunt (Walker Point) naby Knysna, Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die strand is bekend as 'n 'veilige' strand; daar is geen gevaarlike seestrome nie. Die naam het ontstaan as gevolg van die buffels wat in hul honderde daar gewei het. Die laaste een is in 1883 geskiet. Die Goukammarivier se monding is net so entjie wes van die strand. Die strand is net per pad vanaf die N2 nasionale pad bereikbaar.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bron Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.
Kategorie:Baaie van Suid-Afrika Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap Kategorie:Wes-Kaap