Vanderkloof is 'n klein dorpie wat ontstaan het tydens die bou van die Vanderkloofdam. Dit is geleë op die suidelike oewer van die Oranjerivier, Noord-Kaap, Suid-Afrika. Al die mense betrokke by die bou van die dam het hier gebly. Munisipale status is in 1980 toegeken.

Die Douglas Hey-navorsingsinstituut vir meerkunde en die museum is aan die oewer van die dam geleë. Deesdae is die dorpie 'n vakansieoord. Watersport soos kanovaart, motorbootry en ski word hier beoefen.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus 1995.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in die Noord-Kaap