Jean-Louis "Jack" Kerouac (ˈkɛruːæk of ˈkɛrɵæk, * 12 Maart 1922 in Lowell, Massachusetts; † 21 Oktober 1969 in St. Petersburg, Florida) was 'n Amerikaanse skrywer, digter en skilder van Frans-Kanadese afkoms. Hy word as 'n literêre beeldestormer en naas William S. Burroughs en Allen Ginsberg as 'n baanbreker van die sogenaamde Beat Generation (Beat-generasie) beskou.Omar Swartz: The View from the On the road: The Rhetorical Vision of Jack Kerouac. Southern Illinois University Press 1999, bl. 4
Kerouac geniet erkenning vir sy spontane manier van skryf waarby hy onderwerpe soos Katolieke spiritualiteit, jazz, promiskuïteit, Boeddhisme, dwelmmiddels, armoede en reis behandel. Hy het bekendheid as ondergrondse digter verwerf en saam met ander beat-skrywers een van die stamvaders van die hippie-beweging geword, alhoewel hy 'n antagonistiese houding teenoor dié beweging ingeneem het.
Die langdurige misbruik van alkohol word as oorsaak vir die interne bloeding aangevoer waaraan Jack Kerouac in 1969 op die ouderdom van 47 beswyk het. Ná sy afsterwe het hy nog wyer literêre aansien geniet en 'n aantal voorheen onbekende werke is postuum gepubliseer. Kerouac se werke word almal steeds herdruk, waaronder On the Road, Doctor Sax, The Dharma Bums, Mexico City Blues, The Subterraneans, Desolation Angels, Visions of Cody en Big Sur.
160px
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaanse skrywers Kategorie:Amerikaanse digters Kategorie:Beat-generasie Kategorie:Geboortes in 1922 Kategorie:Sterftes in 1969