Mook en Middelaar (Limburgs: Mook en Middelar) is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg, wat grens aan die provinsies Gelderland en Noord-Brabant (die Maas-rivier vorm o.a. hier die grens met laasgenoemde provinsie). Die munisipale gebied het sowat 8 000 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 19 km². Mook is die administratiewe setel van die munisipaliteit.
Mook staan bekend vir die Slag op die Mookerheide uit 1574, tydens die aanvang van die Tagtigjarige Oorlog.
Plekke Plekke in die munisipale gebied van Mook en Middelaar: Bisselt, Heikant, Katerbosch, Middelaar, Molenhoek, Mook, Plasmolen en Riethorst.
Eksterne skakels
Die amptelike webwerf van die munisipaliteit