Bergen (Limburgs: Baerge) is 'n dorp en munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg, wat grens aan die provinsie Noord-Brabant (die Maas-rivier vorm o.a. hier die grens met hierdie provinsie) en die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale. Die munisipale gebied het sowat 13 000 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 109 km².
Bergen was oorspronklik 'n deel van die hertogdom Gelre en vanaf begin 18de eeu tot 1815 van die koninkryk Pruise. Sedertdien behoort Bergen tot Nederland.
Plekke Plekke in die munisipale gebied van Bergen: Afferden, Aijen, Bergen (dorp), Heukelom, Knikkerdorp, Nieuw Bergen, Siebengewald, Well en Wellerlooi
Eksterne skakels
Die amptelike webwerf van die munisipaliteit
Kategorie:Munisipaliteite in Limburg (Nederland) Kategorie:Nedersettings in Limburg (Nederland)