Gennep is 'n stad en munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg, wat grens aan die provinsies Gelderland en Noord-Brabant (die Maas-rivier vorm o.a. hier die grens met laasgenoemde provinsie) en die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale. Die munisipale gebied het sowat 17 000 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 50 km².
Plekke Plekke in die munisipale gebied van Gennep: Aaldonk, Dam, De Looi, Diekendaal, Gennep (stad), Heijen, Hekkens, Milsbeek, Ottersum, Smele, Ven-Zelderheide en Zelder
Eksterne skakels
Die amptelike webwerf van die munisipaliteit
Kategorie:Nedersettings in Limburg (Nederland) Kategorie:Stede in Nederland