Peel en Maas (Limburgs: Pieël en Maas) is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg, wat grens aan die Maasrivier en aan die provinsie Noord-Brabant, en wat deels in die streek van Die Peel lê. Die munisipale gebied het sowat 43 000 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 161 km².
Peel en Maas is in 2010 gestig en gevorm uit die munisipaliteite Helden, Kessel, Maasbree en Meijel. Panningen is die administratiewe setel van die munisipaliteit.
Plekke Plekke in die munisipale gebied van Peel en Maas: Baarlo, Beringe, Egchel, Grashoek, Helden, Kessel, Kessel-Eik, Koningslust, Maasbree, Meijel en Panningen.
Eksterne skakels
Die amptelike webwerf van die munisipaliteit
Kategorie:Munisipaliteite in Limburg (Nederland)