duimnael|regs|Die Sneeuberge by Nieu-Bethesda. duimnael|regs|300px|William John Burchell se karavaan trek oor die Sneeuberge, vroeë 19de eeu.
Die Sneeuberge is 'n bergreeks geleë in die noordwestelike hoek van die Oos-Kaap, Suid-Afrika, net noord van Nieu-Bethesda. Een van die hoogste pieke is die Kompasberg, 2 502 m hoog. Die Sondagsrivier ontspring naby Kompasberg.Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. Die Lootsbergpas dra die N9 nasionale pad oor die Sneeuberge. Die Voor-Sneeuberg lê net suid van Nieu-Bethesda, en die Onder-Sneeuberg na die suidweste, naby Aberdeen.
Sien ook Lys van Bergpieke in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Bergreekse in Suid-Afrika Kategorie:Oos-Kaap