Thorn (Limburgs: Toear) is 'n dorpie in die Nederlandse provinsie Limburg. Die voormalige munisipaliteit het sowat 2 600 inwoners (2006) en 'n oppervlakte van 6,7 km². Sedert 2007 behoort Thorn tot die gebied van die nuwe munisipaliteit Maasgouw. Die dorpie grens aan die Belgiese provinsie Limburg en byna aan die Maas-rivier.

Thorn word Die Witte Stadjie genoem, omdat die huise in die middedorp sedert die Napoleontiese tyd wit geverf word. Die huise staan gegroepeer rond die Gotiese Sint-Michaëlkerk, 'n abdykerk wat gedeeltelik tot die 14de eeu terugdateer.

Eksterne skakels

Kategorie:Maasgouw Kategorie:Voormalige munisipaliteite in Limburg (Nederland) Kategorie:Nedersettings in Limburg (Nederland) Kategorie:Stede in Nederland