Maasgouw (Limburgs: Maasgoew) is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg, geleë aan weerskante van die Maas-rivier en wat grens aan die Belgiese provinsie Limburg. Die munisipale gebied het sowat 24 000 inwoners (2019) en 'n oppervlakte van 58 km².
Maasgouw is in 2007 gestig en gevorm uit die munisipaliteite Heel, Maasbracht en Thorn. Die eerste twee is die administratiewe setels van die munisipaliteit. Heel herberg die munisipale bestuur, maar die amptenary is verdeel tussen Heel en Maasbracht.
Plekke Plekke in die munisipale gebied van Maasgouw: Beegden, Brachterbeek, Heel, Linne, Maasbracht, Ohé en Laak, Panheel, Stevensweert, Thorn en Wessem.
Eksterne skakels
Die amptelike webwerf van die munisipaliteit