Soekmekaar (of Morebeng) is 'n dorp geleë in die Limpopoprovinsie, Suid-Afrika, noordwes van Tzaneen. Die dorp is in 1916 gestig.Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967 (bladsy 468).
Volgens die 2011-sensus het dié klein dorp en omliggende dele 'n bevolking van 2 371 gehad, waarvan 2 289 (96.5%) Swartes was.
Volgens oorlewering is die ou (Afrikaanse) naam afgelei van die insident toe die twee landmeters gedurende mistige weer van mekaar afgedwaal het, en na mekaar moes soek.
Selati-takspoorlyn Soekmekaar is suidwaarts per takspoorlyn verbind aan Kaapmuiden, via Modjadjiskloof, Tzaneen en Gravelotte al langs die Krugerwildtuin se wesgrens. Artefacts - Selati Line, Skukuza District, Mpumalanga (URL besoek op 25 Februarie 2016)
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Limpopo