Die Grassridgedam is in 1921 voltooi en is in die Grootbrakrivier, Oos-Kaap, Suid-Afrika. Dit is gebou vir besproeiing en vorm ook deel van die Oranjerivierprojek omrede water vanaf die Gariepdam via die Oranje-Visriviertonnel hier deur vloei. Die Grootbrakrivier is 'n sytak van die Groot-Visrivier. Die jaarlikse Visrivier-kanomaraton begin ook by die Grassridgedam.

Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995 Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Oos-Kaap