Die Allemanskraaldam is 'n dam in die Sandrivier in die Noord-Vrystaat, Suid-Afrika. Die dam is in 1960 voltooi en het 'n bakmaat van 174.5 miljoen m3 en 'n oppervlak van 265 ha. Die damwal is 38 meter hoog.

Allemanskraaldam dam lê tussen Theunissen, Ventersburg, Senekal en Winburg. Theunissen is die naaste groot dorp. Die Willem Pretorius-wildreservaat strek rondom die hele dam.

Die dam voer kanale wat water aan die Sand-Vet-nedersettings wes van Virginia lewer.

Sien ook Aldam Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Bron Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Vrystaat