Khayelitsha (uitgespreek: [kaɪ.əˈliːtʃə]) is ’n gedeeltelik informele township in die Wes-Kaap, Suid-Afrika, wat op die Kaapse Vlakte in Kaapstad, net noord van die Valsbaai, geleë is. Die naam is Xhosa vir Nuwe Tuiste. Dit is na bewering die grootsteNew, Assertive Women's Voices in Local Election deur Erna Curry, 29 Januarie 2011 en vinnigs groeiende township in Suid-Afrika.

duimnael|links|'n Uitsig oor Khayelitsha duimnael|links|Khayelitsha op die Kaapse Vlakte Khayelitsha het ’n geskatte bevolking van 392 000 in 2011 gehad en lê 'n paar kilometer met die N2 langs. Sowat 90,5% van die inwoners is swart, 8,5% bruin en 0,5% wit. Die meeste mense praat Xhosa.

Sowat 70% van die inwoners woon in plakkershutte en ’n derde moet minstens 200 meter loop na ’n waterbron. Khayelitsha bestaan uit 22 gebiede – sommige oud en gevestig, ander jonger en informeel. Die ouer gebiede wat om en by die apartheids-era gebou is, is Bongweni, Ikwezi Park, Khulani Park, Khanya Park, Tembani, Washington Square, Graceland, Ekuphumleni en Zolani Park.

Nuwer gebiede wat om die ou gebiede gebou is, sluit in Site B, Site C, Green Point, Litha Park, Mandela Park, Makaza en Harare. Buiten Litha Park bevat dié gebiede baie plakkers- en informele agterplaas-hutte.

Misdaad Op Vrydag, 12 Julie 2019, is die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in onder meer Khayelitsha ontplooi om hoë vlakke van misdaad, wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens tot dusver nog nie onder beheer kon bring nie, te takel.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Voorstede van Kaapstad