duimnael|300px|’n Uitsig oor Khayelitsha, ’n township naby Kaapstad.

Die term township (of die verouderde lokasie) verwys gewoonlik na ’n onderontwikkelde, gesegregeerde woonbuurt in Suid-Afrika waar gekleurdes van die 19de eeu af woon. Met gekleurdes word bedoel swart mense, bruin mense en Indiërs. Townships is tradisioneel aan die rand van ’n stad of dorp gebou.

Die woord "township" het nie vandag ’n rassekonnotasie nie, maar die woord "lokasie" wel. Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal noem dit "rassisties, verouderd""Lokasie" in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). en die HAT meen dis "tans te vermy"."Lokasie" in die HAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig).

Geskiedenis duimnael|230px|Kinders in ’n township in 1989. duimnael|230px|Kinders in ’n township in 2011.

In die eerste helfte van die 20ste eeu het die meerderheid van die swart bevolking in Suid-Afrika se stedelike gebiede in hostels en kamers gebly wat deur werkgewers verskaf is. Tydens en ná die Tweede Wêreldoorlog het stedelike gebiede ’n vinnige groei beleef terwyl wette verslap het. Nie werkgewers of die regering het nuwe akkommodasie gebou vir die mense wat na die stede gestroom het nie. Dit het gelei tot swak lewensomstandighede en die gebrek aan geriewe, asook hoër geweld- en misdaadvlakke. Hoë huur en oorbewoning het gelei tot die besetting van grond buite die stede en die groei van plakkersbuurte wat grootliks deur die regering geïgnoreer is.

Teen 1950 het ’n aansienlike deel van die swart stedelike bevolking in townships gewoon: meer as 100 000 in die Witwatersrand-gebied, 50 000 in Cato Manor in Durban en sowat 150 000 swart en bruin mense in townships in Kaapstad.

Apartheid Tydens die apartheidsera is baie gekleurde mense uit eiendom gesit in wat as "wit gebiede" beskou is en gedwing om na gesegregeerde townships te trek. Aparte townships is vir swart, bruin, en Indiërmense opgerig volgens die Wet op Bevolkingsregistrasie. Wette wat die apartheidsregering in staat gestel het om dit te doen, het die Groepsgebiedewet ingesluit.

In dié tyd is die townships ook "lokasies" genoem.

Ná apartheid Feitlik alle Suid-Afrikaanse dorpe en stede het township naby. In sommige was daar sedert 1994 vinnige ontwikkeling, soos ryk en middelklasgebiede in byvoorbeeld Soweto en Chatsworth.

Lokasies ’n Lokasie was nedersettings wat sedert die laat 19de eeuVolgens A Dictionary of South African English (1987) word geskryf: 2. prob. obsolescent. A segregated area on the outskirts of a town or city set aside for black, usu. African, housing and accommodation, which whites require a permit to enter: see also township. [from Latin locatus fr. locare to place. see Shaw 1847 (Rev. William Shaw). Die Afrikaanse woord lokasie is reeds in 1936 in die Verklarende Afrikaanse Woordeboek opgeneem (bl. 308): loka'sie, -s: buurt buite ’n dorp of stad waar Naturelle woon. tot die einde van die apartheidsera vir gekleurde mense (hoofsaaklik swart en bruin mense) buite dorpe en stede aangelê is. Lokasie is ’n ou woord wat in die apartheidsjare is. Dit word nie in die moderne konteks gebruik nie.

Lys van townships Van die bekende townships sluit in:

Alexandra Atteridgeville Azaadville Bekkersdal Boipatong Bophelong Botleng Chatsworth, KwaZulu-Natal Daveyton Diepmeadow (Diepkloof en Meadowlands) Dobsonville Duduza Dukathole Eersterust Ekuphumleni Eureka, Burgersdorp Evaton Ezibeleni Galeshewe Ga-Rankuwa Guguletu Hammanskraal Healdtown Hillside Hilton, Aliwal-Noord Imizamo Yethu Impumelelo Kagiso Katlehong

Khayelitsha Kayamandi Khayamnandi (Oos-Kaap) Khutsong Khwezinaledi Kwakwatsi KwaMashu KwaThema Langa Laudium Lebowakgomo Lenasia Lesseyton Mabopane Mahwelereng Mamelodi Marlboro Gardens Masakhane (verskeie) Masiphumelele Matlakeng Matwabeng Mdantsane Metsimaholo Mfuleni Mitchells Plein Mlungisi Moakeng Mohlakeng Mokwallo

Munsieville Mzamomhle (verskeie) Nyanga Olievenhoutbosch Orange Farm Phoenix Ratanda Refengkgotso Refilwe Reiger Park Roleleathunya Roshnee Sada Sebokeng Seshego Sharpeville Soshanguve Soweto Temba Tembisa Thokoza Tsakane Tumahole Umlazi Vosloorus Wattville Westlake Zamdela Zithobeni Zwide

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Apartheid Kategorie:Nedersettings in Suid-Afrika