duimnael|Spansporte soos rugby en sokker dra by tot kinders se sosiale ontwikkeling. duimnael|'n Gholfspeler lê na die putjie aan. duimnael|Motorisasie kom in moderne sport te voorskyn. duimnael|Moderne sport het komplekse reëls en regulasies en is hoogs georganiseerd. duimnael|'n Gimnas demonstreer sy vaardighede. duimnael|Krieketveld met bouler, die twee kolwers en ’n skeidsregter. duimnael|'n Engelse rugbyspeler ruk hom los uit 'n harde duikslag deur 'n Australiër. duimnael|Standaard skaakstukke. Van links na regs: koning, toring, dame, pion, ruiter en loper.

Sport kan omskryf word as 'n fisieke (byvoorbeeld rugby) of denkspel (byvoorbeeld skaak) wat in kompetisieverband gespeel kan word. Sport kan ook as ontspanning beoefen word. Alle sporte het reëls wat nagekom moet word. Die beoefening van sport kan mense aktief en gesond hou, vandaar die slagspreuk: 'n Gesonde liggaam huisves 'n gesonde gees.

Die woord sport is afgelei van die Franse woord desportes, wat rofweg as ontspanning vertaal kan word.

Geskiedenis Die verskynsel van sport is reeds bekend uit die klassieke verlede en die Grieke organiseer al die Olimpiese Spele verskeie eeue voor Christus.

Vir meer inligting oor die geskiedenis van 'n spesifieke sport, verwys na die artikel oor die betrokke sport.

Sportsoorte Van die meer bekende sportsoorte sluit in (alfabeties gesorteer):

Armdruk Atletiek Baanitems Naelloop (gewoonlik 100 m, 200 m en 400 m) Middelafstande (gewoonlik 800 m, 1500 m en 3000 m) Langafstande (gewoonlik 5000 m en 10 000 m) Hekkies en hinderniswedlope ("steeple chase") Afloswedloop Velditems Diskusgooi Hamergooi Hoogspring Gewigstoot Spiesgooi Verspring Padwedloop Halfmaraton Maraton Ultramaraton Basketbal Bergfietsry Bofbal Boks Boogskiet Branderplankry Driekamp ("triathlon") Duik Fietsry Gewigoptel Gesinchroniseerde swem Gholf Gimnastiek Handbal Hengel Hokkie Yshokkie Jag Judo Kanovaart Karate Kegelbal Korfbal Krieket Toetskrieket EDI-krieket T20-krieket Motorsport Formule Een Motocross Tydrenne Muurbal Netbal Pluimbal Roei Rolbal Rotsklim Rugby Rolstoelrugby Sewesrugby Ruitersport Sagtebal Seil Skaak Skerm Ski Skyfskiet Sneeuplankry Sokker Paralimpiese sokker Stoei Swem Tafeltennis Taekwondo Tennis Vegkuns Verfbal Vlugbal (Volleybal) Sitvlugbal Vuisbal Waterpolo

Sien ook Portaal:Sport Olimpiese Spele Paralimpiese Spele

Eksterne skakels

1