Taalwetenskap, taalkunde of linguistiek is die wetenskaplike studie van die natuurlike tale. Wanneer geen studie van 'n enkele taal gemaak word nie, maar die verskynsel (natuurlike) taal in die algemeen bestudeer word, praat mens van algemene of universele taalwetenskap.
Na gelang van die invalshoek van die navorser en uiteindelik die onderdeel van die linguistiek, word linguistiek wel tot verskillende takke van die wetenskap gereken, soos kognitiewe wetenskappe, sielkunde, en antropologie.
Taaluitinge Taaluitinge is vir die taalkunde in die eerste plek gesproke uitinge, opgebou uit klanke, morfeme, woorde, sinne en tekste of diskoerse. Die klanke word bestudeer deur die fonetiek en die fonologie, die opbou van woorde deur die morfologie, en die groepering van woorde in sinne deur die sintaksis. Die betekenis van taaluitinge word bestudeer deur die semantiek, wat die spreker met die taaluitinge probeer te bewerkstellig, die doel wat hiermee nagestreef word, word bestudeer deur die pragmatiek.
Vakgebiede Taalkundige dissiplines is onder andere: Algemene taalkunde: Pragmatiek (taalkunde), die studie van taalgebruik Semantiek, die betekenis van woorde, sinne en tekste Tekslinguistiek Fonetiek, algemene klankleer (artikulatories, akoesties, perseptief asook linguisties) Strukturele taalkunde (veral Grammatika): Semiotiek, tekenreëls van 'n taal Sintaksis, sinsbou Morfologie, studie van woordvorme Fonologie, die grammatikale uitspraakreëls van 'n taal (nie te verwar met Fonetiek nie) Leksikologie, die "woordleer", alles wat met woorde te make het - Leksikografie, die toepassing van leksikologiese reëls van 'n taal, en dus ook die spelling Fraseologie, die sinsleer van 'n taal Stilistiek, alhoewel geen egte onderdeel van die Strukturele Taalkunde nie, wel 'n onderwerp van die grammatika Interdissiplinêre taalkunde (ook wel antropologiese of fenomenologiese taalkunde genoem): Sosiolinguistiek Psigolinguistiek, met inbegrip van taalontwikkeling Neurolinguistiek, die verband tussen taal en harsings Etnolinguistiek Toegepaste Linguistiek: Taaldidaktiek Logopedie Afasiologie en Disleksie Sistematiese taalkunde: Hierdie bestudeer die natuurlike tale op taalstrukturele metode
Sien ook Biblioteek Etimologie Dialektologie Gekonstrueerde tale Geolektologie Taalgeskiedenis Geskiedenis van die taalwetenskap Historiese taalkunde Liggaamstaal Literatuur Matematiese taalkunde Onomastiek of Naamkunde Rekenaarlinguistiek Rekenaartaalkunde Semantiek Taal Taalfamilies Vergelykende taalkunde Vertaalwetenskap Tale van die wêreld
Eksterne skakels Forum oor linguistiek Webtuiste oor linguistiek
* Kategorie:Wetenskap