Tshwane is vanaf 5 Desember 2000 'n metropolitaanse gebied in Gautengprovinsie, Suid-Afrika, wat die stad Pretoria insluit.

Dit bestaan uit 13 voormalige stads- en dorpsrade, en word bestuur deur 'n besturende burgemeesterstelsel. Die munisipale gebied beslaan 6 298 km2, en het 'n bevolking van nagenoeg 2,364 miljoen mense.

Die naam is afkomstig van die oorspronklike naam wat deur die eerste Ngunisprekende nedersetters (wat later as die Ndebele bekend was) aan die rivier gegee is wat deur die area vloei. Hulle het dit vernoem na een van hulle stamhoofde, Tshwane, vanaf die Ndebelewoord vir "klein aap".

Die naam Tshwane word soms ook gebruik as 'n alternatiewe naam vir die stad Pretoria self, hoewel Pretoria nie hernoem is nie.

Areas Tshwane bestaan uit die volgende areas:

Ga-Rankuwa (Gestig in 1961 na geforseerde verskuiwings binne die area. Dit is vernoem na een van die Bakgatla hoofmanne, Rankuwa Boikhutso.) Centurion (voorheen Verwoerdburg), insluitend Laudium en Olievenhoutbosch. Temba (Gestig in 1940 na gedwonge verskuiwings.) Mabopane (Gestig in 1969.) Winterveld Die gebied van die Noordelike Pretoria Metropolitaanse Substruktuur. Hierdie gebied sluit die nywerheidsgebied bekend as Rosslyn in, Akasia, sowel as die township Soshanguve, wat gestig is om nie-Tswana-sprekende mense te huisves ná Bophuthatswana 'n onafhanklike tuisland geword het. (Soshanguve is 'n nuutskepping wat die township se uiteenlopende karakter weerspieël: Sotho, Shangaan, Nguni (Swazi, Zulu, Xhosa) en Venda.) Pretoria Pienaarsrivier (Hierdie is die kleinste van Tshwane se voormalige rade.) Krokodilrivier (Hierdie gebied strek van Rosslyn/Ga-Rankuwa in die noorde tot by Lanseria in die suide, en van die westelike kant van Pretoria na die Hartbeespoortdam.) Die gebied was voorheen bekend as die Greater Pretoria Metropolitan Council. Hierdie raad was een van die vier plaaslike owerhede in Gauteng, en het bestaan uit drie plaaslike rade: die Stadsraad van Pretoria, die Raad van Centurion en die Noordelike Pretoria Metropolitaanse Substruktuur. Cullinan en Rayton Wallmannsthal Hammanskraal

Setels duimnael|regs|Nelson Mandela ontvang die Vryheid van Stad Tswane in 2008. Party2000200620112016 African National Congress868711889Demokratiese Alliansie54478293Ekonomiese Vryheidsvegters---25Vryheidsfront Plus0744Afrika Christen Demokratiese Party3311Pan Africanist Congress of Azania2211Vision 2000+2000United Christian Democratic Party1100Inkatha-Vryheidsparty1100Azanian People's Organisation0110Congress of the People0021Onafhanklik1000United Democratic Movement1000ASCORA1000Onafhanklike Demokrate0100African Christian Alliance0100Christen Demokratiese Party0100Christen Protestante Party van Suider-Afrika0000African People's Convention0000

Verwysings

Eksterne skakel Amptelike Tshwane Webwerf

Kategorie:Gauteng