Upington is 'n belangrike dorp geleë op die oewer van die Oranjerivier in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. duimnael|links|Nelson Mandela-rylaan in Upington se sentrale sakekern (2016). Geskiedenis Upington is in 1871 as 'n klein sendingstasie deur eerwaarde Christiaan Schröder gestig. Hy het die sendingstasie "Olyvenhoutsdrift" genoem. In 1896 is dit herdoop tot Upington ter ere van sir Thomas Upington, die eerste minister van die Kaapkolonie. Die dorp het munisipale status in 1898 verkry.
Upington vandag Vandag is Upington 'n groot dorp met 'n geskatte 101 504 inwoners in 2008, die naasgrootste nedersetting in die Noord-Kaap. Dit dien as 'n vername administratiewe sentrum van die provinsie Noord-Kaap. Upington lê in die Kalahariwoestyn, maar danksy die water van die Oranjerivier is dit 'n belangrike landbousentrum vir druiwe, koring en groente. Daarnaas is dit 'n gewilde toeristebestemming in die noordweste van Suid-Afrika.
Infrastruktuur Die Upington-lughawe (voorheen bekend as die Pierre van Ryneveld-lughawe) is by die dorp. Die N10 en N14 nasionale paaie kruis in Upington. Die spoorverbinding tussen Suid-Afrika en Namibië loop ook deur die dorp.
Klimaat Upington kry gewoonlik 94 mm reënval per jaar met die meeste neerslae in die herfs. As 'n reël val geen reën in Junie nie en 29 mm in Maart. Die gemiddelde middagtemperatuur is 19,8 °C in Junie en 33 °C in Januarie, gewoonlik die warmste maand van die jaar. Die koudste maand is Julie, wanneer die kwik snags tot gemiddeld 2,8 °C daal. Upington se weer. URL besoek op 29 Januarie 2016. Vroeg in Januarie 2016 is 45 °C op Upington gemeet, die hoogste temperatuur sedert 1959. EWN.co.za SA hits a record high n temperatures. URL besoek op 29 Januarie 2016.
Fotogalery
Sien ook
Gereformeerde kerk Upington Lutherse kerk Upington Lys van dorpe in Suid-Afrika Kameelstandbeeld Donkiestandbeeld
Bronnelys
Die Gemsbok van 1965-08-20 World Gazetteer
Eksterne skakels Upington se webwerf //Khara Hais webwerf Brand verwoes NG kerksaal op Upington
Kategorie:Nedersettings in die Noord-Kaap