+ 125pxVlag125pxWapen200px|Ligging van die VrystaatHoofstad BloemfonteinGrootste stad BloemfonteinOppervlakte – TotaalGeranglys 3de129 480 vk kmBevolking – Totaal (2011) – Bev.digtheidGeranglys 8ste2 745 59021 / vk kmTale Suid-Sotho (64,2%), Afrikaans (12,7%), Xhosa (11,5%), Tswana (5,2%), Engels (2,9%), Zoeloe (1,4%)Etniese verdeling Swart mense (87,6%), Wit mense (8,7%),Bruin mense (3,1%),Asiërs (0,4%)Premier Maqueen Letsoha-Mathae (ANC)
Die Vrystaat (Suid-Sotho: Foreistata, Engels: Free State) is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Sy hoofstad is Bloemfontein wat ook Suid-Afrika se geregtelike hoofstad is.
duimnael|links|Die Vierde Raadsaal, setel van die Vrystaatse provinsiale wetgewer Op 'n landkaart lyk die Vrystaat nog net soos die ou Boererepubliek van die negentiende eeu, die Oranje-Vrystaat – in die landelike hartland van Suid-Afrika. Maar in die twintigste eeu is sy landelikheid veral in die noorde dramaties verander deur die ontdekking van goud en die vervaardiging van olie uit steenkool. Die ou naam Oranje-Vrystaat is in Junie 1995 tot Vrystaat verkort.
Geskiedenis Sien Oranje-Vrystaat
Demografie duimnael|links|Meerderheidstale in die Vrystaat: Bevolking (2017-skatting): 2 890 000. Tale: Suid-Sotho (64,4%), gevolg deur Afrikaans (14%). Meeste van die wit- en bruinmense praat Afrikaans, die meeste Indiërs praat Engels en meeste van die swartmense praat Suid-Sotho.
Geografie Oppervlakte: Sowat 129 825 km².
Ligging en topografie Die Vrystaat lê tussen die Oranje- en die Vaalrivier en word omring (kloksgewys van bo af) deur Gauteng, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, Lesotho, die Oos-Kaap, die Noord-Kaap en Noordwes. Die provinsie is geleë op die Hoëveld, die groot plato waarop 'n groot deel van die Suid-Afrikaanse binneland lê. In die verre weste is die Vrystaat plat en yl begroei, maar die res van die provinsie word deur uitgebreide grasvlaktes gekenmerk. Die landskap raak heel aanskoulik in die Oos-Vrystaat namate 'n mens die Drakensberge nader.
Distrikte Daar is 4 distrikte in die provinsie Vrystaat, naamlik: Fezile Dabi (voorheen Noord-Vrystaat) Lejweleputswa (voorheen Gold Fields) Thabo Mofutsanyana Xhariep
Dorpe en stede duimnael|Bloemfontein duimnael|Bloemfontein duimnael|Clarens duimnael|Cornelia Arlington Bethlehem Bethulie Bloemfontein Bothaville Brandfort Clarens Ficksburg Frankfort Gariepdam Harrismith Heilbron Hennenman Hobhouse Jagersfontein Koffiefontein Koppies Kroonstad Ladybrand Odendaalsrus Parys Petrus Steyn Phuthaditjhaba Reddersburg Reitz Rouxville Sasolburg Senekal Smithfield Thaba Nchu Theunissen Trompsburg Virginia Vrede Vredefort Welkom Winburg Zastron
Ekonomie duimnael|Beeste wei naby Winburg Die Vrystaat is 'n belangrike mynbou-provinsie in die middel van Suid-Afrika en goud, diamante en steenkool word ontgin. Sintetiese brandstof word in Sasolburg uit steenkool vervaardig. Op die koop toe is die provinsie 'n vername landbousentrum waar 'n groot verskeidenheid van gewasse gekweek word, waaronder mielies, aartappels, sonneblomsaad, koring en sorghum. Die meeste van die land se kersies word in die Ficksburg-gebied geoes; daar vind ook jaarliks 'n kersiefees plaas. Suiwel- en skaapboerdery dra ook grootliks tot die ekonomie by.
Verwysings
Bronne van Schoor, M.C.E.: Die Vrystaat. In: Ons Land. 'n Reeks van 65 praatjies uitgesaai in die Afrikaanse diens van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie van 1 September tot 16 November 1967.
Eksterne skakels
Amptelike webwerf