Hierdie artikel handel oor die Tsongataal. Vir die etniese groep van Suid-Afrika, sien Tsongas.

duimnael|links|Suid-Afrikaanse distrikte met 'n meerderheid van Tsongataliges in 2011: duimnael|links|Geografiese verspreiding van Tsonga in Suid-Afrika ná bevolkingsdigtheid per vierkante kilometer in 2011: duimnael|links|'n Man uit Angola gee 'n voorbeeld van Tsonga Die taal Tsonga (Xitsonga in Tsonga) vorm deel van die Niger-Kongo-taalfamilie. Dit is een van die twaalf amptelike landstale van Suid-Afrika, waar dit deur sowat 2 miljoen mense as moedertaal gepraat word (2011-sensus), hoofsaaklik Tsongas. Dit word deur ongeveer 1 710 000 mense in Mosambiek en deur 19 000 in Eswatini gepraat. Daar is ook ongeveer 5 000 sprekers in Zimbabwe, waar dit een van die amptelike tale is.

Woorde Algemene woorde en frases: Afrikaans Tsonga Welkom U amukeriwile (enkelvoud) / Mi amukeriwile (meervoud) Dankie Inkomu Goeiedag / Hallo Avuxeni Totsiens Salani Rook verbode A ku dzhahiwi Geen ingang A ku ngheniwi Pasop vir die trap Xiya-xiya xitepisi Pasop! Tivonele! Veels geluk met jou verjaarsdag Ndzi tlangela siku ro velekiwa Seisoensgroete Mikateko ya Masiku yo Wisa Geseënde Kersfees A ku ve Khisimusi lerinene Geseënde Kersfees en 'n voorspoedige Nuwejaar A ku vi Khisimusi lerinene naswona a ku vi lembe lerintshwa lerinene

Teksvoorbeeld Die Onse Vader in Tsonga:

Tata wa hina la nge matilweni, vito ra wena a ri hlawuleke; a ku te ku fuma ka wena; ku rhandza ka wena a ku endliwe misaveni, tanihi loko ku endliwa tilweni. U hi nyika namuntlha vuswa bya hina bya siku rin'wana ni rin'wana; u hi rivalela swidyoho swa hina, tanihi loko na hina hi rivalela lava hi dyohelaka; u nga hi yisi emiringweni, kambe u hi ponisa eka Lowo biha, Amen.

Sien ook Lys van gedrukte Afrikaans-vreemdtalige woordeboeke Tale in Suid-Afrika Tsonga Wikipedia

Verwysings

Eksterne skakels

Ethnologue oor Tsonga

Taalhulpmiddels Vrye en gratis Tsonga speltoetser vir OpenOffice, Mozilla Firefox en Mozilla Thunderbird

Sagteware in Tsonga Mozilla Firefox – webblaaier Mozilla Thunderbird – e-posprogram OpenOffice.org – kantoorsuite Translate.org.za – 'n Projek om vrye en oopbronsagteware in Tsonga en ander Suid-Afrikaanse tale te vertaal Pootle – Aanlynvertaling van Tsonga-oopbronsagteware

Kategorie:Tsonga Kategorie:Bantoetale Kategorie:Tale van Eswatini Kategorie:Tale van Mosambiek Kategorie:Tale van Suid-Afrika Kategorie:Tale van Zimbabwe