21 Junie is die 172ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (173ste in skrikkeljare). Daar volg nog 193 dae in die res van die jaar.
Gebeure 1208 – Otto van Wittelsbach vermoor koning Philip van Swabe. 1700 – Pous Innocentius XII stel nog drie nuwe kardinale aan, waaronder Johannes Philipp von Lamberg, biskop van Passau. 1749 – Halifax, Nova Scotia word gestig. 1788 – New Hampshire word die negende deelstaat van die Verenigde State. 1813 – Napoleon verloor die Slag van Vitoria. 1824 – Cyrus McCormick kry 'n patent vir sy maaimasjien. 1870 – Tianjin Massamoord, xenofobie in China. 1915 – 'n Wet in Oklahoma wat sekere mense verbied om te stem word deur die Hooggeregshof van die VSA omgekeer in die saak Guinn v. United States. 1919 – Die Kanadese berede polisie skiet op 'n skare werklose oorlogsveterane, met twee noodlottig gewond, tydens die 'n algemene staking in Winnipeg. 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Frankryk kapituleer teen Duitsland. 1945 – Tweede Wêreldoorlog: die Amerikaners verower Okinawa. 1963 – Pous Paulus VI volg Pous Johannes XXIII op. 1964 – Lede van die Ku Klux Klan het burgerreg-aktiviste Andrew Goodman, James Cheney en Mickey Schwerner, vermoor in Mississippi, VSA. 1975 – Wes-Indië klop Australië in die eindstryd met 17 lopies en wen sodoende die eerste Krieketwêreldbeker in Engeland. 1982 – John Hinckley, sluipskutter van Ronald Reagan, onskuldig bevind weens kranksinnigheid. 2009 – Pakistan wen die eindstryd van die tweede T20I-wêreldbeker in Engeland met agt paaltjies teen Sri Lanka; in die eindstryd van die eerste T20I-vrouewêreldbeker verslaan Engeland Nieu-Seeland met ses paaltjies.
Geboortes 356 v.C. – Alexander die Grote, die koning van Makedonië († 323 v.C.). 1002 – Pous Leo IX, die 152ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk in Eguisheim, Elsas († 1054). 1731 – Martha Washington, Eerste Dame van Amerika († 1802). 1732 – Johann Christoph Friedrich Bach, Duitse komponis († 1795). 1779 – Sir Christoffel Josephus Brand, die eerste Speaker van die Kaapse parlement († 1875). 1857 – Johannes Baptist Hoffman, Duitse Jesuïet, taalkundige en sendeling tot die Munda-mense in Indië († 1928). 1868 – Cor Delfos, baanbreker in die Suid-Afrikaanse yster- en staalbedryf († 1933). 1884 – Claude Auchinleck, Britse veldmaarskalk († 1981). 1891 – Hermann Scherchen, Duitse dirigent († 1966). 1905 – Jean-Paul Sartre, Franse filosoof, dramaturg, skrywer, biograaf en aktivis († 1980). 1910 – Johanna du Plooy ("Dollie"), onderwyseres, redaktrise van die Gereformeerde Kerk se vroueblad († 1996). 1918 – Ds. Phil Olivier, NG predikant, assistent-redakteur van die Kerkbode († 2008). 1919 – Paolo Soleri, Italiaans-Amerikaanse argitek († 2013). 1921 – Jane Russell, Amerikaanse rolprentaktrise en sangeres († 2011). 1932 – Gert Basson, Afrikaanse skrywer en joernalis. 1941 – Joe Flaherty, Amerikaanse akteur. 1947 – Meredith Baxter, Amerikaanse aktrise. 1948 – Ian McEwan, Britse skrywer van romans en rolprentdraaiboeke. 1952 – Gregory David Roberts, Australiese skrywer. 1953 – Benazir Bhutto, Pakistanse politikus en voormalige premier († 2007). 1955 – Gwede Mantashe, Suid-Afrikaanse politikus en voorsitter van die African National Congress. 1982 – William, Prins van Wallis, Britse prins, seun van koning Charles III.
Sterftes 1377 – Edward III, koning van Engeland (* 1312). 1527 – Niccolò Machiavelli, historikus en politiese skrywer (* 1469). 1582 – Oda Nobunaga, Japannese daimyō en een van die leidende figure in die Sengoku-tydperk (* 1534). 1925 – J.H. Leopold, Nederlandse digter (* 1865). 1954 – Gideon Sundbäck, Sweedse uitvinder, geassosieer met die ontwikkeling van die ritssluiter (* 1980). 1957 – Johannes Stark, Duitse fisikus, Nobelpryswenner (* 1874). 1969 – Maureen Connolly, Amerikaanse tennisspeler (* 1934). 1970 – Sukarno, president van Indonesië (* 1901). 1980 – Pierre Fourie, Suid-Afrikaanse bokskampioen (* 1943). 2001 – Carroll O'Connor, Amerikaanse akteur en vervaardiger (* 1924). 2001 – Soad Hosny, Egiptiese aktrise (* 1943). 2003 – Leon Uris, Amerikaanse soldaat en outeur (* 1924). 2013 – Elliott Reid, Amerikaanse akteur en draaiboekskrywer (* 1920).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Wintersonstilstand in die Suidelike Halfrond, en somersonstilstand in die Noordelike Halfrond. Nasionale Inboorlingdag in Kanada sedert 1996.
Kategorie:Junie