Hierdie artikel handel oor die Vendataal. Vir die etniese groep van Suid-Afrika, sien Vendas.
duimnael|links|Suid-Afrikaanse distrikte met 'n meerderheid van Vendataliges in 2011: duimnael|links|Geografiese verspreiding van Venda in Suid-Afrika ná bevolkingsdigtheid per vierkante kilometer in 2011:
Die taal Venda (TshiVenḓa in Venda) is een van die twaalf amptelike landstale van Suid-Afrika. Dit word deur sowat 1,3 miljoen as moedertaal gepraat (2011-sensus), hoofsaaklik Vendas. Venda word ook deur ongeveer 84 000 in Zimbabwe gepraat, waar dit 'n amptelike taal is. Dit vorm deel van die Bantoetaalfamilie.
Dialekte sluit Phani en Tavha-tsindi in.
Woorde Algemene woorde en frases: Afrikaans Venda Welkom Vho ṱanganedzwa / Vho ṱanganedziwa kha (welkom by) Dankie Ndo livhuwa / Ro livhuwa Goeiedag / Hallo Ndaa (manlik) / Aa (vroulik) Totsiens Kha vha sale zwavhudi Oggend Masheroni Aand Matekwane Rook verbode A hu dahiwi Geen ingang A hu dzhenwi Pasop vir die trap Vha vhone tshiṱepisi Pasop! Vha ṱhogomele! Veels geluk met jou verjaarsdag Ḓuvha la mabebo lavhuḓi Seisoengroete Ni vhe na nwaha wavhuḓi Geseënde Kersfees Ḓuvha ḽa mabebo a Murena ḽavhuḓi Geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwejaar Ḓuvha ḽa mabebo a Murena na Ṅwaha muswa zwavhuḓi
Sien ook Tale in Suid-Afrika Lys van gedrukte Afrikaans-vreemdtalige woordeboeke Venda Wikipedia
Verwysings
Eksterne skakels en bronne
Ethnologue inskrywing oor Venda
Taalhulpmiddels Vry en gratis Venda speltoetser vir OpenOffice, Mozilla Firefox en Mozilla Thunderbird Venda sleutelbord
Sagteware in Venda Mozilla Firefox - webblaaier Mozilla Thunderbird - e-posprogram OpenOffice.org - kantoorsuite Translate.org.za - 'n Projek om vrye en oopbronsagteware in Venda en ander Suid-Afrikaanse tale te vertaal Pootle - aanlyn vertaling van Venda oopbronsagteware
Kategorie:Bantoetale Kategorie:Tale van Suid-Afrika Kategorie:Tale van Zimbabwe