Leeudoringstad is 'n dorp in die Noordwes-provinsie van Suid-Afrika. Die dorp is 30 km oos van Wolmaransstad.
Geskiedenis Die dorp is 6 Desember 1920 op die plaas Rietkuil geproklameer en genoem na die leeudoringboom nadat 'n spoorwegstasie met die naam Leeuwdoorns in 1908 opgerig is. Die dorp en plaaslike NG gemeente het dan ook lank as Leeuwdoornsstad bekend gestaan. Die naam kom van die plant Harpagophytum procumbens (duiwelsklou), wat in die omgewing groei. Die dorp lê aan die hoofspoorlyn tussen Kimberley en Johannesburg en die dorp het gegroei om die spoorweghalte.
Distrik Die belangrikste ekonomiese aktiwiteite in die distrik is skaap- en beesboerdery, terwyl mielies, sorghum, sonneblomsaad en grondboontjies verbou word. Die R502 en die R504 streeksroetes kruis in die dorp.
Lees ook Leeudoringstad-spoorwegramp
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Noordwes