Mohammed Hosni Said Mubarak (ook wel Moebarak), in Arabies: محمد حسني سيد مبارك (Kafr-El-Meselha, 4 Mei 1928 – 25 Februarie 2020) het tussen 14 Oktober 1981 en 11 Februarie 2011 die amp van president van Egipte beklee.
Mubarak was aanvanklik 'n vlieënier in die Egiptiese Lugmag gewees. In 1969 word hy stafhoof en later opperbevelhebber van die Egiptiese Lugmag. In die Jom Kippoeroorlog van 1973 het hy as luitenantgeneraal geveg. In 1975 het hy vise-president geword. Na die moord op president Anwar Sadat het hy in Oktober 1981 president geword. Hy was ook van Oktober 1981 tot Januarie 1982 minister-president gewees. In Januarie 2011 het die volk in opstand teen hom gekom. Op 1 Februarie 2011 het hy verklaar dat hy nie aan die presidentsverkiesing van September 2011 gaan deelneem nie.Egipte: Mubarak sal sy termyn voltooi , Nuus24, 1 Februarie 2011 Op 11 Februarie 2011 het hy afgetree.Mubarak tree uit as president van Egipte , Nuus24, 11 Februarie 2011
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Egiptiese militariste Kategorie:Eerste Ministers van Egipte Kategorie:Presidente van Egipte Kategorie:Diktators Kategorie:Kriminele Kategorie:Maarskalke Kategorie:Geboortes in 1928 Kategorie:Sterftes in 2020