Li Na (Chinees: 李娜; pinyin: Lǐ Nà [lìnɑ̂]; gebore 26 Februarie 1982 in Wuhan) is 'n voormalige tennisspeler van die Volksrepubliek China wat in 1999 professioneel begin tennis speel het.
Li was die eerste Chinees wat vir 'n Grand Slam-toernooi geplaas is en die eerste Chinees op die wêreldranglys van top-10 tennisspelers. Daarnaas was sy die eerste Chinees wat die kwarteindstryd van 'n Grand Slam kon bereik (2006 op Wimbledon). In 2011 haal sy die eindstryd van die Australiese Ope, die eerste Chinees wat so ver kon deurdring.
Op 4 Junie 2011 maak sy haar deurbraak en word die eerste speler van Asië om 'n Grand Slam-enkelspeltitel te wen toe sy vir Francesca Schiavone van Italië met 6-4, 7-6 op Roland Garros geklop het.Li Na maak geskiedenis by Franse Ope, Nuus24, besoek op 4 Junie 2011.
In 2014 verower sy haar tweede Grand Slam-titel deur Dominika Cibulkova met 7–6(7–3), 6–0 in die Australiese Ope te klop.
Grand Slam-rekord duimnael|links|upright|Li Na in 2010 Die tabel toon Li Na se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in vroue-enkels waaraan sy deelgeneem het:
Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA-Ope2005 Rondte 3 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie Rondte 12006 Rondte 1 Rondte 3 Kwarteindstryd Rondte 42007 Rondte 4 Rondte 3 Nie deelgeneem nie Nie deelgeneem nie2008 Rondte 3 Nie deelgeneem nie Rondte 2 Rondte 42009 Nie deelgeneem nie Rondte 4 Rondte 3 Kwarteindstryd2010 Halfeindstryd Rondte 3 Kwarteindstryd Rondte 12011 Eindstryd Wenner Rondte 2 Rondte 12012 Rondte 4 Rondte 4 Rondte 2 Rondte 32013 Eindstryd Rondte 2 Kwarteindstryd Halfeindstryd2014 Wenner Rondte 1 Rondte 3 Nie deelgeneem nie
Verwysings
Eksterne skakels
Li Na se ITF-profiel Li Na se WTA-profiel
Kategorie:Chinese tennisspelers Kategorie:Geboortes in 1982 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Olimpiese deelnemers