Novak Djokovic, soms ook Đoković gespel (Serwies: Новак Ђоковић, [nôʋaːk d͡ʑôːkoʋit͡ɕ], ; gebore 22 Mei 1987 in Belgrado), is 'n professionele Serwiese tennisspeler. Tot op hede het hy 100 enkelspel-toernooie gewen asook een dubbelspeltoernooi. Hy hou tans die rekord vir die meeste Grand Slam-titels (24) en ook die rekord vir die meeste Australiese Ope-titels (tien). Sy beroemdste oorwinnings was die Australiese Ope in 2008, 2011, 2012, 2013, 2015, 2016, 2019, 2020, 2021 en 2023, Wimbledon in 2011, 2014, 2015, 2018, 2019, 2021 en 2022, die VSA-Ope in 2011, 2015, 2018 en 2023 asook die Franse Ope in 2016, 2021 en 2023.

Djokovic is die eerste en enigste man in tennisgeskiedenis wat gelyktydig die heersende kampioen van die vier Grand Slam-toernooie op drie verskillende oppervlaktes was. Hy is die enigste man wat 'n niekalenderjaar Grand Slam in die Ope Era behaal het en die eerste een om 'n dubbelloopbaan Grand Slam te behaal. Hy is ook die enigste speler wat die Career Golden Masters op die ATP-toer voltooi het, waarin hy twee keer geslaag het. In 2023 het hy die eerste man in die geskiedenis geword wat tien Australiese Ope-enkeltitels ingepalm het.

Grand Slam-rekord duimnael|links|upright|Djokovic nadat hy die Franse Ope in 2016 gewen het duimnael|links|upright|Djokovic word in die Serwiese hoofstad Belgrado verwelkom nadat hy die Australiese Ope in 2008 gewen het Die tabel toon Djokovic se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkels waaraan hy deelgeneem het: Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA-Ope2005 Rondte 1 Rondte 2 Rondte 3 Rondte 32006 Rondte 1 Kwarteindstryd Rondte 4 Rondte 32007 Rondte 4 Halfeindstryd Halfeindstryd Eindstryd2008 Wenner Halfeindstryd Rondte 2 Halfeindstryd2009 Kwarteindstryd Rondte 3 Kwarteindstryd Halfeindstryd2010 Kwarteindstryd Kwarteindstryd Halfeindstryd Eindstryd2011 Wenner Halfeindstryd Wenner Wenner2012 Wenner Eindstryd Halfeindstryd Eindstryd2013 Wenner Halfeindstryd Eindstryd Eindstryd2014 Kwarteindstryd Eindstryd Wenner Halfeindstryd2015 Wenner Eindstryd Wenner Wenner2016 Wenner Wenner Rondte 3 Eindstryd2017 Rondte 2 Kwarteindstryd Kwarteindstryd Beseer2018 Rondte 4 Kwarteindstryd Wenner Wenner2019 Wenner Halfeindstryd Wenner Rondte 42020 Wenner Eindstryd Toernooi nie gehou nie Rondte 42021 Wenner Wenner Wenner Eindstryd2022 Nie deelgeneem nie Kwarteindstryd Wenner Nie deelgeneem nie2023 Wenner Wenner Eindstryd Wenner2024 Halfeindstryd Kwarteindstryd Eindstryd Rondte 32025 Halfeindstryd Halfeindstryd Halfeindstryd Halfeindstryd2026 Eindstryd Rondte 3 Halfeindstryd Rondte 1

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webtuiste Novak Djokovic se ATP-profiel Novak Djokovic se ITF-profiel

Kategorie:Serwiese tennisspelers Kategorie:Geboortes in 1987 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Olimpiese deelnemers