Waterval-Boven is 'n dorp in Mpumalanga, in Suid-Afrika. Die dorpie is 8 km wes van Waterval-Onder bokant die Elandsrivierwaterval. Die naam van die dorp is in 2009 amptelik gewysig na Emgwenya.
Geskiedenis Die dorp se geskiedenis is nou verbind met dié van die Pretoria-Maputo-spoorlyn. Dit het sewe jaar geneem om die spoorlyn te voltooi en die lewensverlies weens malaria was skrikwekkend. Vanaf Komatipoort het die spoorlyn Waterval-Boven in Maart 1894 bereik. Gedurende 1895 het die Zuid-Afrikaansche Republiek 'n deel van die plaas Doornhoek van Charles de Curer gekoop om 'n rangeerwerf en werkswinkels hier te bou en het dit Waterval-Boven genoem.
Die NZASM-monument is in 1934 op die stasie onthul.
Distrik Die Emakhazeni munisipale area is 4 736 km2 groot en sluit Belfast, Machadodorp en Dullstroom in. Bees- en skaapboerdery is die belangrikste ekonomiese bedrywighede.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika Waterval-Boven-spoorwegramp
Bronne B.P.J. Erasmus. Op Pad in Suid-Afrika. 1995. . Raper, P.E. Plekname van Suider-Afrika (p. 772) [bevestig spelling van Waterval-Boven met 'n koppelteken].
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Mpumalanga