Getroud met rugby - die onvertelde storie is 'n vollengte Afrikaanse rolprent wat op 11 Maart 2011 in teaters begin draai het. Die fliek is gebaseer op kykNET se rugbydrama Getroud Met Rugby.'Getroud met rugby' word fliek, Nuus24, besoek op 12 Maart 2011. Die film het 'n 13 ouderdomsperk vir taal, geweld en verlang ouerleiding.

Storie Reghart Venter (Izak Davel) is 'n motorwerktuigkundige van die verkeerde kant van die treinspoor. Hy is 'n belowende rugbyspeler, maar het die pad byster geraak. Ná verskeie klagtes van aanranding en bakleiery kry hy 'n laaste waarskuwing - om homself reg te ruk, of om tronk toe te gaan.

Regardt se straf is om gemeenskapsdiens te doen en rugby te oefen met 'n voormalige ster van die Stryders rugbyspan, Fafa Beltrami (Altus Theart). "Vinnige Fafa" was op sy tyd die vinnigste vleuel in die land en gewild onder die dames. Fafa het self ook die pad byster geraak toe hy van sy vrou Kiki (Hanna Grobler) vervreem geraak het nadat hulle dogter oorlede is.

Nadat hy téén sy sin na Potties Place (die plaaslike Stryders-kroeg) gebring word ontmoet hy Lize (San-Marié Nel). Hy het vir die eerste keer iets om voor te baklei. Deur die metafoor van rugby help die twee gebroke mans mekaar weer op die regte pad.

Genre Die rolprent is 'n drama.

Hoofrolspelers Altus Theart as Fafa Beltrame Izak Davel as Reghart Venter San-Marié Nel as Lize Roos Albert de Villiers as Hennie Johan Scholtz as Schalk Brand Jacques Gombault as Blackie Swart Hanna Grobler as Kiki Beltrame Heinz Winckler as J.P. Viviers Louis Minnaar as Pieter Venter Justin Strydom as mnr. du Toit Corine du Toit as Inge Bekker Ilne Nienaber as Ecstacy / Michelle Ruan Burger as Werner Marlon Roelfze as Brendan Storm Marcel Schoeman as man in tronk Mia-Anne Ferreira as Melinda Anel Alexander as Julia Verster Julie Strijdom as eienaar van pandjieswinkel Natania van Heerden as Mev. Roos Eckard Rabe as mnr. Roos Cobus Rossouw as man in kar

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Verwysings

Eksterne skakels Die film se tuisblad Inligting oor die rolprent

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente