Die Katalaanse Wikipedia (Viquipèdia en català of Viquipèdia en valencià, uitgespreek /viki'pɛdjə/"Ord: Viquipèdia". Forvo.com. Besoek op 15 Augustus 2013. is die Katalaanstalige weergawe van Wikipedia. Dit is op 16 Maart 2001 opgerig slegs enkele minute ná die Duitse Wikipedia. Op 11 Maart 2016, vyf dae voor die 15-jarige herdenking, is 500 000 artikels bereik en die 17de plek beklee wat artikeltal betref.
Hierdie Wikipediaweergawe het artikels in 'n verskeidenheid taalvariante en dialekte te bied, waaronder Valensiaans en Balearies. Dit is die tweede grootste Wikipedia op Spaanse grondgebied en staan maar ver agter by die Spaanse Wikipedia wat artikels en aktiewe gebruikers aanbetref, maar is op sy beurt die Baskiese en Galisiese weergawes weer ver vooruit. Alleen met hul onverdrote ywer en noeste vlyt het die publiek uit die ganse Katalonië dié Wikipedia op eie bodem tot sy volle reg laat kom.
Dit beskik tans oor ongeveer artikels, en is die grootste Wikipedia.
Geskiedenis Beginjare Op 16 Maart 2001 kondig die stigter, Jimbo Wales, aan hy wil Wikipedia in ander tale as slegs Engels ook sien. Hier noem hy met name die Wikipedia in Katalaans. Op dieselfde dag nog word die Katalaanse Wikipedia (catalan.wikipedia.com) slegs enkele minute ná die Duitse weergawe (deutsche.wikipedia.com) opgerig. Die eerste bewerkings geskied waarskynlik wel in Engels, maar buiten die tuisblad wat om 21:07 (CET) geskep is, gebeur daar nie veel nie. Eers die volgende dag, 17 Maart, skep 'n anonieme Ip-adres uit Andorra die heel eerste Wikipedia-artikel in Katalaans: Àbac. Later op dieselfde dag word die eerste bewerkings deur 'n ingetekende gebruiker voortgesit.
Daarna verander die webadres van die Katalaanse Wikipedia na ca.wikipedia.org. In 2003 is die ensiklopedie herdoop na Viquipèdia, soos die Katalaanse spelreëls en uitspraak dit gewou het. Ná 'n warme woordestryd of 'n stemming gehou moet word oor die naam of nie, is daar in 2005 ten gunste van twéé name beslis: voortaan sal die name Viquipèdia en català en Viquipèdia en Valencià as gelykwaardig vir dieselfde ensiklopedie aanvaar, erken en gebruik word.
duimnael|Werkswinkel 2012 te Museu Víctor Balaguer, een van vele Katalaanse kultuurinstitute wat saamwerk met die Katalaanse Wikipedia. duimnael|Die inwerkingtrede van die Katalaanse onderwysprojek, Marató en Viquipèdia, 19 Mei 2007, op die radioprogram 'l'Internauta. Agter die mikrofoon: die joernalis Vicent Partal.
Samewerking In Mei 2007 is 'n samewerkingsprojek met die Onderwysdepartement in Katalonië van stapel gestuur. Die doel was tweeledig: bevorder die Katalaanse taal onder die leerlinge en laat die ensiklopedie terselfdertyd as pedagogiese hulpmiddel dien. Daarbenewens is gehoop op die werwing van leerlinge en dus te meer artikelbydraes vir die Katalaanse Wikipedia. In Julie 2007 vind die eerste jaarlikse Viquitrobada-byeenkoms plaas in Lleida, wat juis in dieselfde jaar as die Katalaanse kultuurhoofstad gevier is. Die daaropvolgende viquitrobades is vir Barcelona (Nasionale Biblioteek van Katalonië), Figueres, Badalona en Sabadell gereël.
Artikelgroei Klein begin, aanhou win. Te midde van die Katalaanse Wikipedia se tydvoorsprong, was daar steeds 'n baie lang aanloop nodig voordat die ensiklopedie werklik op dreef gekom het. Eers in Maart 2003 is 1 000 artikels bereik; binne twee jaar (November 2005) bokspring hierdie getal na 10 000.
Die herfs van 2009 sien meer as 200 000 artikels. In Desember 2010 word 300 000 artikels verbygesteek en in April 2013 die 400 000-getal oortref. Vir die 15-jaarviering is 'n daadwerklike poging aangewend om ongeveer 'n halfmiljoen artikels voor 16 Maart 2016 te bereik. Die gebruikers slaag in hul doel op 11 Maart 2016.
ArtikelsDatumNota1 artikel16 Maart 20011 0008 Maart 20035 000Februarie 200410 00016 November 200420 00019 November 2005verdubbel binne 'n jaar30 0006 Maart 200650 0004 Januarie 2007100 00018 Januarie 2008verdubbel binne net meer as 'n jaar, deels te danke aan La Marató Viquipèda150 00028 Desember 2008200 00021 September 2009250 00029 Junie 2010300 00021 Desember 2010350 00025 Augustus 2011400 00012 April 2013450 0003 Februari 2015"La Viquipèdia arriba als 450.000 articles". vilaweb.cat, 2015-02-04. Besoek op 4 Maart 2016. 500 00011 Maart 2016600 0008 Januarie 2019La Viquipèdia en català arriba als 600.000 articles amb la biografia de Pura Velarde . 2019-01-08. Besoek op 2019-01-16. VilaWeb
In die eerste paar maande was die reedsgeskrewe artikels maar traag bygewerk en op datum gehou - slegs enkele wysigings op die meeste. Ook hierdie beeld sou mettertyd ingrypend verander. Onder die artikels wat omstreeks 2013 die meeste gewysig is word veral Drassanes Reials de Barcelona (Drassanes) uitgesonder, omdat hierdie artikel 'n spanpoging was in noue samewerking met 'n skryfmarathon in Barcelona. Manifestació "Catalunya, nou estat d'Europa" ('n groot betoging in Barcelona), Eleccions al Parlament de Catalunya de 2010 (plaaslike parlementsverkiesing) en Papa Francesc (pous Franciskus) tel onder die drie artikels wat deur die meeste mense in een maand geredigeer is (soos op Augustus 2013).
duimnael|links|Plakkaat vir die skryfmarathon oor die Drassanes, d.i. die maritieme museum van Barcelona en die voormalige Koninklike Skeepswerf, 16 Maart 2013. Tydens die verrigtinge wat georganiseer is deur die plaaslike ondersteuningsliggaam op die 12de verjaarsdag van die Katalaanse Wikipedia, is hierdie gelyknamige Katalaanse artikel 73 keer gewysig.
La Marató Viquipèdia (2008) In Januarie 2008 kom die Katalaanse Wikipedia op 100 000 artikels te staan; 60 000 meer as slegs 'n halfjaar tevore (Mei 2007). Hierdie skielike groei word deels toegeskryf aan die plaaslike regering van Katalonië wat 'n veldtog ter bevordering van die Katalaanse taal geloods het deur skole betrokke te kry. Leerlinge is tydens klastyd toegelaat om artikels te skryf. Die Minister van Onderwys, Ernest Maragall, kondig hierdie La Marató Viquipèdia-inisiatief op 17 Mei 2007 aan, waar alle laerskoolleerlinge in Katalonië die kans gegun sou word om kennis te maak met die Katalaanse ensiklopedie. Een doelwit van La Marató Viquipèdia was om deur die betrokkenheid van die skoliere 100 000 artikels teen die einde van 2007 te bereik. Hierdie doelwit word rakelings gemis, met 'n skamele drie weke.
Styl en inslag Die Katalaanse Wikipedia gaan vryelik om met 'n verskeidenheid taalvariante in hul artikels - waaronder Valensiaans en Balearies. Al voorwaarde is dat 'n artikel wat in 'n spesifieke dialek geskrywe staan, daarmee enduit moet volhou; presies soos die Engelse Wikipedia konsekwent omgaan met die Amerikaanse en Britse Engels in die afsonderlike artikels. Die gebruikers word aangemoedig en aanbeveel om 'n betrokke Katalaanse kultuurverskynsel binne 'n bepaalde streek in juis daardie gewestelike dialek te skrywe, sodat die couleur locale mooi in woorde vasgevang en behou kan word.
Soos baie ander Katalaanssprekende media word die bronmateriaal uit die Katalaanse taalgebied veral benadruk. Die biografiese artikels oor sekere persone kry dikwels 'n Katalaanse kleurtjie: 'n betrokke persoon word dus nie as Spanjaard beskou nie, maar uit die oogpunt van sy etnisiteit of streek. So word diegene uit Baleariese Eilande as Baleare beskou, diegene uit Katalonië as Katalane, dié uit Galisië as Galisiërs, en dié uit Baskeland as Baske.Kxont (2015-09-05): "Rafael Nadal i Parera". ca.wikipedia.org. Besoek op 14 September 2015. Dit verskil in hierdie opsig wat skryfstyl betref van die ander Wikipedias, maar is ooreenkomstig die Katalaanse statute (en dié van ander Spaanse streke) heeltemal geldig; Katalane word per definisie as nasionaliteit in eie reg bestempel en Katalonië as 'n nasie (in teenstelling met die staat Spanje)."Estatut d’autonomia de Catalunya". parlament.cat,4a ed. 2012. Besoek op 14 September 2015. Die deurvoer van hierdie regionale identiteit op die Katalaanse Wikipedia volg nadat die gebruikers 'n interne stemming in 2009 oor die saak gehou het; 'n finale oplossing moes gevind word vir die gereelde wysigingsoorloë wat rondom menige persoon se identiteit uitgebars en gewoed het.
Soos die meeste middelgroot tale met minder as 10 miljoen sprekers wêreldwyd, sit hierdie Wikipedia ook met 'n arbeidstekort, maar het ongeveer dieselfde aantal artikels as baie ander weergawes van selfs groter tale. Daar is byvoorbeeld meer artikels en aktiewe gebruikers as die Hongaarse, Roemeense, Noorse en Finse Wikipedias, maar Viquipèdia word op sy beurt weer wat aktiewe gebruikers betref oorskadu deur die Tsjeggiese Wikipedia (soos op Maart 2016)."List of Wikipedias". wikistats.wmflabs.org. Besoek op 11 Maart 2016.
Spesiale aandag is geskenk aan die 1 000 kernartikels (oor algemene en sentrale onderwerpe) wat vir elke Wikipedia beoog word. Ten tyde van die 15-jaarvieringe van die ganse Wikipedia (wat alle tale nou insluit) is daar spesiale melding in Januarie 2016 gemaak van die Katalaanse Wikipedia wat die beste en meeste kernartikels opgelewer het."La Viquipèdia en català, líder en els 1.000 articles més importants". elperiodico.cat, 2016-01-12. Besoek op 11 Maart 2016.
Plaaslike ondersteuningsliggaam Sedert 2008 het die Katalaanse Wikipedia na 'n punt toe gewerk om 'n Katalaanssprekende ondersteuningsliggaam van hul eie met die goedkeuring en erkenning van die Wikimedia Stigting op die been te bring. Tot dusver het erkenning daarvan nie geluk nie, grootliks omrede die land sedert 7 Februarie 2011 reeds 'n ondersteuningsliggaam van nasionale omvang het, naamlik Wikimedia España. Die Wikimedia Stigting glo aan één ondersteuningsliggaam per land. Desondanks is die voertaal wat by Wikimedia España gebesig word deurgaans in Spaans.
'n Onafhanklike en nie-amptelike ondersteuningsliggaam bestaan egter reeds sedert 2008, genaamd Associació Amical Viquipèdia (voorheen Associació d'amics de la Viquipèdia, overgesetsynde: "Vereniging vir die Vriende van Viquipèdia"). Die hoofdoel hiermee is om mettertyd as plaaslike of regionale ondersteuningsliggaam deur die Wikimedia Stigting erkenning te geniet. Bloot op 'n tegniese puntjie misluk die aansoek: die gebruikers gaan uit verskillende soewereine state te werk en kan daarom nie die status verkry as "nasionale ondersteuningsliggaam" nie. Maar in 'n sekere opsig was die Wikimedia Stigting tog tegemoetkomend: op 7 Junie 2013 word die herdoopte Amical Wikimedia as die eerste tematiese organisasie erken. Onder hierdie groeperinge kom daar later ook die ondersteuningsgroepe vir Latyn (Wikimedia Latina), marginale seksualiteite (Wikimedia LGBT) en ander inheemse tale (Wikimedia Indigenous Languages) by.
Bladtrekke en wysigings van 2014(1ste kwartaal, syfers persentasiegewys) Land Bladtrekke"Wikimedia Traffic Analysis Report - Page Views Per Wikipedia Language - Breakdown" (2014 Q1). Stats.wikimedia.org, 2014-04-02. Besoek 24 december 2014. Bydraes"Wikimedia Traffic Analysis Report - Page Edits Per Wikipedia Language - Breakdown" (2014 Q1). Stats.wikimedia.org, 2014-04-02. Besoek 24 Desember 2014. Notas Spanje 90,1 80,6 VSA 1,7 1,4 Frankryk 1,9 Italië 1,3 Nederland 1,0 Brasilië 0,9 Turkye 0,7 Duitsland 0,7 Andorra 0,7 Groot-Brittanje 0,6
Gebruikers Lesers en skrywers