Hazel Jenkins (gebore: 6 Junie 1960 in Ceres) is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Sy was vanaf 6 Mei 2009 tot 22 Mei 2013 die Premier van die Noord-Kaap-provinsie. Voor haar aanstelling as premier was sy die burgemeester van die Pixley ka Seme-distriksmunisipaliteit (die voormalige Bo-Karoo). Voor dit was sy 'n onderwyseres.

Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Geboortes in 1960 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Politici van die African National Congress