duimnael|regs|300px|Die eerste Nederlandse nasionale sokkerspan in 1905.
Die Nederlandse nasionale sokkerspan (Nederlands: Nederlands voetbalelftal) is die mans-sokkerspan wat Nederland in internasionale kompetisies verteenwoordig.
Die span het sedert 1905 die Nederland in internasionale mansokkerwedstryde verteenwoordig. Die nasionale span word beheer deur die Koninklike Nederlandse Voetbalbond (KNVB), die beheerliggaam vir sokker in Nederland, wat deel is van UEFA en onder die jurisdiksie van FIFA val. Die meeste van Nederland se tuiswedstryde word gespeel by die Johan Cruyff Arena, De Kuip, Philips Stadion en De Grolsch Veste.
Die span staan in die volksmond bekend as Het Nederlands Elftal (“Die Nederlandse Elf”) of Oranje, na die Huis van Oranje-Nassau en hul kenmerkende oranje truie. In informele gebruik word die span, net soos die land self, dikwels Holland genoem. Hul ondersteunersklub staan bekend as Het Oranje Legioen (“Die Oranje Legioen”).
Nederland het aan elf FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooie deelgeneem en drie keer die eindstryd gehaal (in 1974, 1978 en 2010), waar hulle elke keer as naaswenners geëindig het. Hulle het ook aan elf Europese Kampioenskappe deelgeneem en die 1988-toernooi in Wes-Duitsland gewen nadat hulle die Sowjetunie met 2–0 in die eindstryd geklop het. Daarbenewens het die span bronsmedaljes verower by drie Olimpiese sokkertoernooie – in 1908, 1912 en 1920.
Mededinging Die Oranje het sterk mededinging met die nasionale sokkerspanne van hulle nabuurlande Duitsland en België. Die mededinging met België is vriendskaplik. Die Derby van die lae lande is al 129 keer gespeel (vanaf die jaar 2022). Nederland het 57 keer gewen en België 41 keer. Hierdie derby leef meer in België as in Nederland.
Die mededinging met die Duitse nasionale sokkerspan is baie sterker, want beide lande speel 'n belangrike rol in die internasionale sokker. Nederland – Duitsland is miskien die swaarste derby in internasionaal sokker. By die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 in Duitsland het die Duitse span Nederland in die eindstryd geklop. In 1988 (by die UEFA Europa-beker in Duitsland) het Oranje Duitsland uitgeklop in die halfeindronde. Die wedstryd is 38 keer gespeel (vanaf 2024), waarby Duitsland 18 keer het gewen en Nederland 12 keer.
Erelys Wêreldbeker (naaswenner (3): 1974, 1978, 2010) Europa-beker (1) 1988
Meeste verskynings duimnael|Wesley Sneijder in 2014|298x298px PosisieSpelerKere uitgedrafDoeleLoopbaan1Wesley Sneijder134312003–20182Edwin van der Sar13001995-20083Frank de Boer112131990–20043Memphis Depay112552013–tans5Rafael van der Vaart109252001-20136Daley Blind10832013–20247Giovanni van Bronckhorst10661996–2010 8Dirk Kuyt104242004–20149Robin van Persie102502005–201710Phillip Cocu101101996–2006
Top puntemakers duimnael|Nederland se topskutter, Memphis Depay, neem ’n vryskop in ’n vriendskaplike wedstryd teen Engeland in Maart 2018.|359x359px PosisieSpelerDoeleKere uitgedrafLoopbaan1Memphis Depay551122013–tans2Robin van Persie501022005–2017 3Klaas-Jan Huntelaar42762006–2015 4Patrick Kluivert40791994–20045Dennis Bergkamp37791990–20005Arjen Robben37962003–20177Faas Wilkes35381946–19617Ruud van Nistelrooy35701998–2011 9Abe Lenstra33471940–1959 9Johan Cruijff33481966–1977
Verwysings
Sien ook Nederlandse nasionale krieketspan Nederlandse nasionale rugbyspan
Kategorie:Nasionale sokkerspanne Kategorie:Sokker in Nederland