duimnael|regs|300px|Die rooi lyn dui die kreefskeerkring aan.

Die Kreefskeerkring is 'n besondere breedtegraad wat op ongeveer 23½° N om die aarde strek (presiese ligging is: 23,439° of 23° 26′ 22″). Die naam is afgelei van die sterrebeeld Kreef, 'n teken in die diereriem. Die Kreefskeerkring word ook soms die noordelike keerkring genoem.

Die Kreefskeerkring merk die noordelikste breedtegraad waarop die son eenmaal per jaar loodreg oor staan. Dit gebeur tydens die sonstilstand, ongeveer 21 Junie, en dui die middel van die somer in die Noordelike Halfrond aan.

Die Kreefskeerkring loop deur die volgende lande: Meksiko Wes-Sahara Mauritanië Mali Algerië Libië Egipte Saoedi-Arabië Verenigde Arabiese Emirate Oman Indië Bangladesj Myanmar Volksrepubliek China Taiwan Viëtnam

Sien ook Steenbokskeerkring

Kategorie:Breedtegrade

de:Wendekreis (Breitenkreis)#Nördlicher Wendekreis