Die Junior Stadsraad van Pretoria is 'n nie-winsgewende jeugorganisasie wat in die jaar 1979, die Verenigde Nasies se Internasionale Jaar van die Kind gestig is. Twee verteenwoordigers van verskeie hoërskole regoor Pretoria, een in graad 10 en een in graad 11, dien op die raad.
Vyf ampsdraers word aan die begin van 'n termyn demokraties deur die lede verkies, naamlik: 'n Junior Burgemeester, Junior Onder-Burgemeester, Sekretaresse, Stadsklerk (Tesourier) en PRO. Die oorblywende lede dien op die 5 hoofkomitees, naamlik: Kultuur, Sport, Vitae, Jeug en Kuns. Elkeen van die 5 komitees verkies dan hul eie voorsitter, onder-voorsitter en sekretaresse. Hulle vergader op 'n maandelikse basis in die Stadsaal van Pretoria.
Binne die komitees word byeenkomste gereël met die doelwit om die jeug van Pretoria te verenig en om geld vir liefdadigheid in te samel.
Missie Die Junior Stadsraad se missie is:
Om die Junior Stadsraad van Pretoria en ons visie te bemark en projekte te organiseer wat die jeug bind en so fondse in te samel vir liefdadigheid met 'n positiewe gesindheid en deursettingsvermoë.Junior Stadsraad van Pretoria se Facebook-bladsy, besoek op 5 Januarie 2010.
Visie Die Junior Stadsraad se visie is:
Ons visie as die Junior Stadsraad van Pretoria is om die veelsydige jeug te verteenwoordig en te verenig. Ons mik om die grense tussen die verskillende hoërskole in Pretoria af te breek en om die samewerking tussen die leerders van hierdie gerespekteerde skole aan te moedig.
Projekte Projekte wat vir die 2010/2011 termyn geïdentifiseer is:
Algemene Kennis Vasvra (Vitae) "Touch" Rugbydag (Sport) "Fun Run" (Sport) Mnr en Mej Junior Stadsraad kompetisie (Kultuur) Mnr en Mej Junior Stadsraad Popster kompetisie (Kultuur) Talentkompetisie (Kuns) Literatuurkompetisie (Vitae) Kunskompetisie (Kuns) Jeugbal (Jeug) Gholfdag (Hele raad) Junior Burgemeesterstee (Hele raad) KREEF(Klere, Rokkies En Enige Frokkies)-dag (Graad 10-raad)
Alle winste word deur die termyn bymekaar gemaak en word aan verkose liefdadigheidsorganisasies geskenk.
Ampsdraers 2010/2011 duimnael|Junior Stadsraad van Pretoria Ampsdraers van 2010/2011 termyn saam Mev. Linda Oberholzer (beskermer) Die ampsdraers vir die 2010/2011 termyn is:
Junior Burgemeester Jo-Mari Kock (Hoërskool Zwartkop)
Junior Onder-Burgemeester Jason Oberholster (Hoërskool Garsfontein)
Sekretaresse Francin Steinmann (Hoërskool Oos-Moot)
Stadsklerk Benevolance Masetla (Hoërskool Uitsig)
Openbare skakelbeampte Gunther Muller (Hoërskool Wonderboom).
Ampsdraers 2011/2012 Die ampsdraers vir die 2011/2012 termyn is:
Junior Burgemeester Clarindi Greeff (Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria)
Junior Onder-Burgemeester Andrè Swanepoel (Hoërskool Menlopark)
Sekretaresse Danny Bezuidenhout (Hoërskool Oos-Moot)
Stadsklerk Fransis Nyambi (Hoërskool Akasia)
Openbare skakelbeampte Keith Smook (Hoërskool Sutherland)
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse organisasies