OFC is die Oseaniese Sokkerkonfederasie (Engels: Oceania Football Confederation). OFC is een van FIFA se ses kontinentale konfederasies. Die konfederasie is op 15 November 1966 gestig en hulle hoofkantoor is in Auckland, Nieu-Seeland, geleë. Die amptelike taal is Engels en sedert 2011 is David Chung die president van die OFC.

Lidlande is: Papoea-Nieu-Guinee, Nieu-Seeland, eilandstate soos Tonga en Fidji asook ander Pasifiese eilande. Geassosieerde lande is Kiribati, Niue en Tuvalu. Australië breek op 1 Januarie 2006 weg en sluit by AFC (die Asiatiese Sokkerkonfederasie) aan. Nieu-Seeland was tot 1964 lid van die AFC, maar het in 1966 stigtingslid van die OFC geword. Verdere voormalige lede is die Noordelike Mariana-eilande en die Republiek China, wat albei by die AFC aangesluit het.

Lidlande duimnael|links|Kaart van die verskillende sokkerbonde, lidlande van OFC in geel duimnael|links|Kaart van die lidlande

Presidente Presidentskap President Van Tot Nasionaliteit 1 William Walkley 1966 1970 waarnemend Jack Cowie 1970 1972 waarnemend Vic Tuting 1972 1972 2 Jack Cowie 1972 1978 3 Arthur George 1978 1982 4 Charles Dempsey 1982 2000 waarnemend Johnny Tinsley Lulu 2000 2003 waarnemend Tautulu Roebuck 2003 2004 5 Reynald Temarii 2004 2010 waarnemend David Chung 2010 2011 6 2011 2018 waarnemend Lambert Maltock 2018 2019 7 2019 hede

Sien ook IKR Oos-Asië-Oseanië Oseanië Rugby

Eksterne skakels

OFC se amptelike webtuiste

Kategorie:FIFA Kategorie:Sokker in Oseanië Kategorie:Sokkerbeheerliggaam