CONCACAF is die Konfederasie vir Noord-, Sentraal-Amerikaanse en Karibbiese Sokker (Engels: Confederation of North, Central American and Caribbean Association Football; Frans: Confédération de football d'Amérique du Nord, d'Amérique centrale et des Caraïbes; Nederlands: Confederatie van Noord-, Midden-Amerikaanse en Caribische Association Football; Spaans: Confederación de Norteamérica, Centroamérica y el Caribe de Fútbol). CONCACAF is die kontinentale beheerliggaam vir assosiasiesokker in Noord-Amerika, Sentraal-Amerika en die Karibiese eilande. Hulle is ook een van FIFA se ses kontinentale konfederasies. Die konfederasie is op 18 September 1961 gestig en hulle hoofkantoor is in Miami, Florida, Verenigde State, geleë. Die amptelike taal is Engels en sedert 2016 is Victor Montagliani die president van die CONCACAF.

Lidlande duimnael|links|Kaart van die verskillende sokkerbonde, lidlande van CONCACAF in rooi duimnael|links|Kaart van die lidlande

Presidente Presidentskap President Van Tot Nasionaliteit 1 Ramón Coll Jaumet 1961 1968 2 Joaquín Soria Terrazas 1970 1990 3 Jack Warner 1990 2011 4 Lisle Austin 2011 2011 5 Alfredo Hawit 2011 2012 6 Jeffrey Webb 2012 2015 7 Alfredo Hawit 2015 2016 8 Victor Montagliani 2016 hede

Eksterne skakels

CONCACAF se amptelike webtuiste

Kategorie:FIFA Kategorie:Sokker in Noord-Amerika Kategorie:Sokkerbeheerliggaam