Peer is 'n Belgiese stad en munisipaliteit in die noorde van die Vlaamse provinsie Limburg. Die munisipale gebied het sowat 16 000 inwoners (2011) en 'n oppervlakte van 87 km².

In die dorp Kleine Brogel lê 'n lugmagbasis van NAVO. Op 20 Augustus 2009 is 'n temperatuur van 38,2 °C hier aangeteken. Dit is op een na die hoogste temperatuur wat nog in België aangeteken is.

Plekke Plekke in die munisipale gebied van Peer: Erpekom, Grote-Brogel, Kleine-Brogel, Linde, Peer (stad), Wauberg en Wijchmaal.

Eksterne skakels

Die amptelike webwerf van die munisipaliteit

Kategorie:Munisipaliteite in Limburg (België) Kategorie:Nedersettings in Limburg (België) Kategorie:Stede in Vlaandere