Jo Roos (13 Mei 1926 - 21 Desember 2010) was 'n Suid-Afrikaanse beeldhouer en skilder. Hy is veral bekend vir die borsbeelde wat hy van voormalige staatshoofde, onder meer presidente Nelson Mandela en Sam Nujoma gemaak het.Bekende skilder sterf , Nuus24, 21 Desember 2010.
Een van sy meesterstukke is die bronspaneel met tonele uit die Eerste Wêreldoorlog wat in die S.A. Oorlogsmuseum in Delvillebos in Frankryk pryk. Hy het ook uitstallings in Duitsland en in die VSA gehou. Van sy beeldhou- en skilderwerk is vandag deel van permanente uitstallings in Switserland, Engeland en Ierland. In Dublin, byvoorbeeld, is daar "klei-osse" van brons en 'n renoster van vlekvrye staalstafies van hom te sien.
Roos is tydens 'n uitstalling in Oktober 2010 in die Voortrekkermonument deur die ATKV vereer as 'n internasionaal-bekende beeldhouer en skilder van formaat.ATKV vereer Jo Roos as 'n Internasionaalbekende SA Beeldhouer en Skilder van formaat, besoek op 21 Desember 2010.
Hy is op 21 Desember 2010 op die ouderdom van 84 na 'n lang siekbed oorlede.
Werke duimnael|250px|Standbeeld van Gerrit Maritz in Pietermaritzburg Enkele van sy kunswerke: Bronsbeeldpaneel in die S.A. Oorlogsmuseum in Delvillebos, Frankryk Die Majuba-bronspaneel Voortrekkermeisie in Rustenburg, wat die lig van die beskawing uitdra Kampkindjie by die kampkerkhof in Pietersburg Borsbeelde van boereleiers: Gerrit Maritz (voor die Geloftekerk in Pietermaritzburg) Sarel Celliers Paul Kruger (Polokwane) Ds. Erasmus Smit Louis Tregardt Ds. Lindley Groot politieke figure soos: Johannes Gerhardus Strijdom Dr. H.F. Verwoerd (volfiguur granietbeeld wat in Orania staan) Nelson Mandela (op 23 September 1994 deur Mandela self in Polokwane onthul) Sam Nujoma Kopbeeld van Totius by Totiushuis in Potchefstroom Lewensgroot bronsbeeld van Sol Plaatje op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-UniversiteitJo Roos in die ARKpark , besoek op 21 Desember 2010.Jo Roos uit hospitaal vir verering vir 70 j. van kuns, Beeld, 19 Oktober 2010.
Verwysings
Eksterne skakels Jo Roos se tuisblad
Kategorie:Suid-Afrikaanse skilders Kategorie:Suid-Afrikaanse beeldhouers Kategorie:Geboortes in 1926 Kategorie:Sterftes in 2010