Leopoldsburg (Limburgs: Léopolsbörch of 't Kamp, Frans: Bourg-Léopold) is 'n Belgiese dorp en munisipaliteit in die noordweste van die Vlaamse provinsie Limburg, aan die grens met die provinsie Antwerpen. Die munisipale gebied het sowat 15 000 inwoners (2010) en 'n oppervlakte van 22 km².
In die munisipaliteit lê die Leopoldsburg-kaserne en word die Brabantse dialek gepraat.
Plekke Plekke in die munisipale gebied van Leopoldsburg: Geleeg, Heppen, Immert, Leopoldsburg (dorp) en Strooiendorp.
Eksterne skakels
Die amptelike webwerf van die munisipaliteit
Kategorie:Munisipaliteite in Limburg (België) Kategorie:Nedersettings in Limburg (België)