Elisha Gray (2 Augustus 1835 in Barnesville, Ohio - 21 Januarie 1901 in Newtonville, Massachusetts) was 'n Amerikaanse elektriese ingenieur en mede-stigter van die vervaardigingsmaatskappy Western Electric. Gray is veral bekend vir die ontwikkeling van 'n prototipe telefoon in 1876 in Highland Park, Illinois. Hy word deur sommige skrywersShulman, Seth (2008) as die ware uitvinder van die veranderlike weerstand telefoon beskou, ten spyte daarvan dat Alexander Graham Bell uiteindelik die patentregte bekom het.
Verwysings
Eksterne skakels
Elisha Gray se biografie vanaf Oberlin.edu
Kategorie:Amerikaanse ingenieurs Kategorie:Amerikaanse uitvinders Kategorie:Geboortes in 1835 Kategorie:Sterftes in 1901