Meeuwen-Gruitrode (Limburgs: Miëve-Roj) is 'n Belgiese voormalige munisipaliteit in die noordooste van die Vlaamse provinsie Limburg. Die voormalige munisipale gebied het sowat 13 000 inwoners (2011) en 'n oppervlakte van 91 km². Meeuwen is die administratiewe setel van die munisipaliteit. Sedert 2019 vorm Meeuwen-Gruitrode en Opglabbeek die munisipalteit Oudsbergen.
Plekke Plekke in die voormalige munisipale gebied van Meeuwen-Gruitrode: Ellikom, Gruitrode, Meeuwen, Neerglabbeek en Wijshagen.
Eksterne skakels
Die amptelike webwerf van die munisipaliteit-Oudsbergen
Kategorie:Oudsbergen Kategorie:Voormalige munisipaliteite in Vlaandere