Lanaken (Limburgs: Lôneke of Laoneke) is 'n Belgiese dorp en munisipaliteit in die suidooste van die Vlaamse provinsie Limburg, geleë aan die Maas-rivier, wat o.a. hier die grens vorm met die Nederlandse provinsie Limburg, en die Nederlandse stad Maastricht. Die munisipale gebied het sowat 25 000 inwoners (2010) en 'n oppervlakte van 59 km².
Plekke Plekke in die munisipale gebied van Lanaken: Briegden, Gellik, Kesselt, Lanaken, Neerharen, Rekem, Smeermaas en Veldwezelt.
Eksterne skakels
Die amptelike webwerf van die munisipaliteit
Kategorie:Munisipaliteite in Limburg (België) Kategorie:Nedersettings in Limburg (België)