Frans Josef I uit die Huis van Habsburg, volle naam Franz Joseph Karl, (* 18 Augustus 1830 in Wene, Oostenryk; † 21 November 1916 in Wene), was tussen 1848 en 1867 die laaste keiser van die Keiserryk Oostenryk en tussen 1867 en 1916 die eerste keiser van Oostenryk-Hongarye.
Frans Josef I was die kleinseun van Frans II en die seun van Frans Karel. Sy jonger broer Maksimiliaan I het tydens die Franse inval onder Napoléon III van Frankryk tussen 1864 en 1867 die Tweede Meksikaanse Keiserryk regeer. Frans Josef I het ná die nederlaag in die Duitse Oorlog teen die Koninkryk Pruise in 1866 die Austro-Hongaarse Kompromie in 1867 aangeknoop en Oostenryk-Hongarye gestig. Hy het ná die sluipmoord op aartshertog Frans Ferdinand in Sarajevo, Serwië, oorlog verklaar, wat die begin van die Eerste Wêreldoorlog was.
Bronnelys
Eksterne skakels
Kategorie:Oostenrykse keisers Kategorie:Oostenrykers in die Eerste Wêreldoorlog Kategorie:Huis van Habsburg Kategorie:Geboortes in 1830 Kategorie:Sterftes in 1916