duimnael|Vlag van Oostenryk-Hongarye duimnael|Vlag van Spanje (1506-1785) duimnael|Vlag van die Tweede Meksikaanse Ryk (1864-1867)
Die Huis van Habsburg is ’n ou en belangrike Oostenrykse vorstehuis wat eeue lank keisers, konings, grawe en hertoë opgelewer het. Die naam van die dinastie is afgelei van die Habsburg, 'n kasteel in die huidige Switserse kanton Aargau. Die oudste dokument, waarin na die dinastie verwys word, dateer van 1108.Historisches Lexikon der Schweiz: Habsburg, von. Besoek op 2 Maart 2017
Tans is daar sowat 600 persone wat die adellike familienaam von Habsburg dra. Karl von Habsburg (Karl Habsburg-Lothringen, * 1961Republik Österreich - Parlament. Biografie von Karl Habsburg-Lothringen. Besoek op 21 Mei 2017), die oudste seun van Oostenryk-Hongarye se laaste kroonprins Otto von Habsburg (1912−2011), het as hoof en spreker van die Huis van Habsburg gefungeer en die familie se gedragskode toegepas.Dietmar Pieper, Johannes Saltzwedel (reds.): Die Welt der Habsburger. Glanz und Tragik eines europäischen Herrscherhauses. Sagtebanduitgawe. München: Wilhelm Goldmann 2011, bl. 29 Alhoewel die Huis van Habsburg tradisioneel aanhangers van die Rooms-Katolieke Kerk was, is daar tans ook Protestantse lede.
Titels
TITEL TERMYN Hertoë van Oostenryk 1282–1360 Aartshertoë van Oostenryk Vanaf 1360Romeins-Duitse konings en keisers1273–1806 (met onderbrekings)Grawe van TirolVanaf 1363Landshere van Voor-OostenrykVanaf 1368Hertoë van BoergondiëVanaf 1477Konings van Spanje1516–1700Konings van BohemeVanaf 1438Konings van HongaryeVanaf 1526Keisers van Oostenryk (Oostenryks-Hongaarse Monargie vanaf 1867)1806–1918
Keiser van die Heilige Romeinse Ryk (Habsburg) Rudolf I (Koning 1273–1291) Albrecht I (Koning 1298–1308) Frederik die Skone (Teenkoning 1314–1330) Albrecht II (Koning 1438–1439) Frederik III (Koning 1440–1486 en Keiser 1452–1493) Maksimiliaan I (Koning 1486 en Keiser 1508–1519) Karel V (Koning 1519 en Keiser 1520–1556) Ferdinand I (Koning 1531 en Keiser 1558–1564) Maksimiliaan II (Koning 1562 en Keiser 1564–1576) Rudolf II (Koning 1575 en Keiser 1576–1612) Matthias (Koning en Keiser 1612) Ferdinand II (Koning en Keiser 1619–1637) Ferdinand III (Koning 1636 en Keiser 1637–1657) Ferdinand IV (Koning 1653–1654) Leopold I (Koning en Keiser 1658–1705) Josef I (Koning 1690 en Keiser 1705–1711) Karel VI (Koning en Keiser 1711–1740)
Koning van Spanje en Portugal Filips I (1504–1506, Koning van Kastilië) Karel I (1516–1556) Filips II (1556/1580–1598, in Portugal Filips I) Filips III 1598–1621, in Portugal Filips II) Filips IV (1621–1640/1665, in Portugal Filips III) Karel II (1665–1700)
Keiser van die Heilige Romeinse Ryk (Habsburg-Lotaringe) Franz I Stephan (Koning en Keiser 1745–1765) Josef II (Koning 1764 en Keiser 1765–1790) Leopold II (Koning en Keiser 1790–1792) Frans II (Koning en Keiser 1792–1806)
Keiser van Oostenryk (Habsburg-Lotaringe) Frans II (1804–1835) Ferdinand I (1835–1848) Frans Josef I (1848–1916) Karel I (1916–1918)
Keiser van Meksiko (Habsburg-Lotaringe) Maksimiliaan I van Meksiko (1864-1867)
Verwysings