Frans II uit die Huis van Habsburg, volle naam Franz II Joseph Karl (* 12 Februarie 1768 in Florence, Italië; † 2 Maart 1835 in Wene, Oostenryk), was tussen 1792 en 1806 die laaste keiser van die Heilige Romeinse Ryk en tussen 1804 en 1835 die eerste keiser van Oostenryk.

Frans was die kleinseun van keiser Franz I Stephan en die seun van keiser Leopold II. Sy regeringstyd was deur sy teenstander Napoleon Bonaparte oorheers. Frans II moes die Heilige Romeinse Ryk ontbind, nadat hy deur Napoleon gedwing is om te abdikeer, waarna Frans homself as keiser van Oostenryk laat kroon het.

Bronnelys

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1768 Kategorie:Huis van Habsburg Kategorie:Oostenrykse keisers Kategorie:Sterftes in 1835 Kategorie:Keisers (HRR)