Brusselse Hoofstedelike Gewes(Brussels Hoofdstedelijk Gewest /Région de Bruxelles-Capitale) 90pxVlag 75pxWapen Algemene inligting Land: Amptelike tale: Nederlands, Frans Hoofstad: Brussel / Bruxelles Oppervlakte: 162,42 km² Bodembezetting volgens het Kadasterregister, Statbel ISO 3166-2: BE-BRU Amptelike webwerf: Webwerf van die BrusselseHoofstedelike Gewes Bevolking Bevolking (totaal): 1 241 175 (1 Januarie 2023) Loop van de bevolking, Statbel Bevolkingsdigtheid: 7 642/km² Instellings Federasie: 1993 Regeringsvorm: Parlementêre demokrasie Eerste Minister: Rudi Vervoort (PS) Volkslied: / Liggingsenter|200pxVlaamse GewesWaalse GewesBrusselse Hoofstedelike GewesVlaamse GemeenskapFranse GemeenskapDuitstalige Gemeenskap 300px|thumb|Kaart van die Brusselse Hoofstedelike Gewes

Die Brusselse Hoofstedelike Gewes of die Gewes Brussel-Hoofstad (Nederlands: Brussels Hoofdstedelijk Gewest, Frans: Région de Bruxelles-Capitale, Duits: Region Brüssel-Hauptstadt) is een van die drie Belgiese geweste. Die gewes het 'n bevolking van meer as 1.2 miljoen (2023) en 'n oppervlakte van 162 km². Die hoofstad is Brussel. Die amptelike tale is Frans en Nederlands. Die gewes het nie provinsies nie en word omgewe deur die provinsie Vlaams-Brabant van die Vlaamse Gewes.

In die suidooste van die Brusselse Hoofstedelike Gewes lê die Zoniënwoud (Frans: Forêt de Soignes), 'n uitgestrekte en oue bos.Die Zoniënwoud lê gedeeltelik ook in Vlaams-Brabant en Waals-Brabant.

Politiek Parlement van die Brusselse Hoofstedelike Gewes Die Brusselse Parlement fungeer as die wetgewende liggaam van die Hoofstedelike Gewes. Ten opsigte van bevoegdhede wat onder die Gewes se bevoegdhede val, berei afgevaardigdes wette voor, en debatteer en stem daaroor. Die Brusselse parlement keur die gewestelike begroting goed en oefen die beheer oor die regering van die Hoofstedelike Gewes uit. So kan 'n mosie van wantroue teen ministers en staatssekretarisse ingestel word.

Die parlement het 89 lede wat in 'n algemene verkiesing vir 'n ampstermyn van vyf jaar deur alle Belgiese volwassenes gekies word wat in een van die miunisipaliteite van die Brusselse Hoofstedelike Gewes woonagtig is. Die afgevaardigdes is volgens taal in twee groepe verdeel en word volgens proporsionele kandidatelyste verkies: 72 afgevaardigdes deur Franssprekende en 17 deur Nederlandssprekende kiesers.

Die lede van die regering word net soos die staatssekretarisse deur die parlement verkies. Hulle moet self afgevaardigdes wees en word ná hul verkiesing deur hul opvolgers op die kandidatelys as afgevaardigdes vervang.

Bevoegdhede Net soos die Vlaamse en Waalse Geweste het die Brusselse Hoofstedelike Gewes bevoegdhede ten opsigte van stedelike ontwikkeling (stadsbeplanning, stedelike vernuwing, eiendomsbeleid, beskerming van monumente) en behuising, omgewingsake, water en natuurbewaring, ekonomie (ekonomiese ontwikkeling en uitbreiding, buitelandse handel) en arbeidswetgewing, energiebeleid vervoer, openbare dienste, plaaslike bestuur (munisipaliteite, munisipale verenigings, godsdienste), buitelandse betrekkinge en wetenskaplike navorsing.

Die Franse en Nederlandse Gemeenskappe se kommissies oefen bevoegdhede ten opsigte van kultuur, onderwys, sport en sosiale uitkerings op die gebied van die Brusselse Hoofstedelike Gewes uit.

Administratiewe arrondissement Die Brusselse Hoofstedelike Gewes het slegs een administratiewe arrondissement: Arrondissement Brussel-Hoofstad / Arrondissement administratif de Bruxelles-Capitale

Munisipaliteite Die Brusselse Hoofstedelike Gewes bestaan uit negentien munisipaliteite: 500px|links

Nr.Nederlandse naamFranse naam1Anderlecht Anderlecht2BrusselBruxelles3ElseneIxelles4EtterbeekEtterbeek5EvereEvere6GanshorenGanshoren7JetteJette8KoekelbergKoekelberg9OudergemAuderghem10SchaarbeekSchaerbeek11Sint-Agatha-BerchemBerchem-Sainte-Agathe12Sint-GillisSaint-Gilles13Sint-Jans-MolenbeekMolenbeek-Saint-Jean14Sint-Joost-ten-NodeSaint-Josse-ten-Noode15Sint-Lambrechts-WoluweWoluwe-Saint-Lambert16Sint-Pieters-WoluweWoluwe-Saint-Pierre17UkkelUccle18VorstForest19Watermaal-BosvoordeWatermael-Boitsfort

Verwysings

Eksterne skakels Die amptelike webwerf van die Brusselse Hoofstedelike Gewes